Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Die Springbokspan wat dié naweek teen Engeland in die derde toets op Nuweland in Kaapstad uitdraf toon vyf veranderinge van verlede week se span. Rassie Erasmus het vir Chiliboy Ralepelle as haker ingesluit. In die agterlyn speel Warrick Gelant op heelagter, Jesse Kriel en Andre Esterhuizen is die senters met Elton Jantjies is op losskakel. Schalk Brits is as plaasvervanger op haker ingesluit. Engeland het drie veranderinge aan sy span aangebring. Die wedstryd skop môre om 17:05 af.
  • Drie ander internasionale wedstryde word gespeel.
    • Nieu-Seeland – Frankryk 09:35

Die Franse se kaptein, Mathieu Bastareaud, kry ʼn ruskans terwyl Morgan Parra as kaptein sal opdraf in sy 69ste toets. Die All Blacks het vier veranderinge aan die beginspan aangebring wat drie nuwelinge insluit. Sonny Bill Williams is ook terug in die span.

  • Australië – Ierland 11:55

Die flank, Lukhan Tui, maak sy buiging vir Australië terwyl die Iere ʼn hele rits veranderinge aan hul span gemaak het. CJ Stander sal op flank speel vir die Iere.

  • Argentinië – Skotland 21:40

Sokker

Drie wedstryde is gister in Fifa se Wêreldbeker-toernooi in Rusland gespeel.

Gister se uitslae:

Denemarke 1 – 1 Australië
Frankryk 1 – 0 Peru
Argentinië 0 – 3 Kroasië 

Vandag se bepalings:

Brasilië 14:00 Costa Rica
Nigerië 17:00 Ysland
Serwië 20:00 Switserland

Gholf

  • In Europa het die BMW Internasionale Ope gister in Duitsland begin.

1 Sébastien Gros -4
2 Jorge Campillo -3
Aaron Rai -3
Henric Sturehed -3
Scott Jamieson -3
12 Ernie Els -1

  • In die VSA is die Travelers- kampioenskap se eerste ronde voltooi.

1 Zach Johnson -7
Jordan Spieth -7
3 Peter Malnati -6
Brian Harman -6
Rory McIlroy -6

Atletiek

  • Die sesde byeenkoms onder die vaandel van die IAAF se Wêreld-uitdaging vind vanaand in Madrid plaas. Onder die Suid-Afrikaners wat op die voorlopige program is, is die drie naellopers Akani Simbine, Thando Roto en Henrico Bruintjies.
  • Intussen het ASA ʼn voorlopige span van 65 atlete aangewys (39 mans en 26 vroue) wat in Augustus aan die Afrika-kampioenskap gaan deelneem. 

Tennis

  • Dié week se aksie is by die Queens Klub-toernooi. Gister het nog vier spelers na die kwarteind deurgedring. Hulle is Feliciano López, Nick Kyrgios, Novak Djokovic en Adrian Mannarino.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Frankryk word Sondag gejaag. Net een punt skei die voorste twee jaers (Vettel 121 en Hamilton 120). Die verskil dié naweek kan egter Mercedes se opgradering van sy enjin wees. Lewis Hamilton verwag dat die Mercedes enjin nou ekstra krag sal lewer. Vettel se Ferrari het reeds sy opgradering voor die wedren in Kanada gehad.

Krieket

  • Engeland en Australië se vierde eendagkragmeting is gister gespeel.

Australië 310/8
Engeland 314/4 (44.4/50 bb, teiken was 311)

Engeland wen met 6 paaltjies met 32 balle oor en loop met 4-0 voor in die reeks van vyf wedstryde.

  • In die driehoekige T20-reeks vir vroue speel Engeland môre eerstens teen Suid-Afrika en daarna teen Nieu-Seeland.
  • Die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Sri Lanka begin môre in Bridgetown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.