Vandag se sportnuus

Bokrugby

  • Die Springbokke het die naweek teen Engeland in die derde toets op Nuweland in Kaapstad uitgedraf en ʼn groot pakslae gekry. Engeland het ʼn sukkelende Bokspan met 25-10 geklop. Owen Farrell het 20 punte met die stewel aangeteken. Die Bokke wen dus die reeks met 2-1.
  • Drie ander Internasionale wedstryde is ook afgehandel.
    • Nieu-Seeland 49 – 14 Frankryk
    • Australië 16 – 20 Ierland (Ierland wen die reeks met 2-1)
    • Argentinië 15 – 44 Skotland

Sokker

Drie wedstryde is gister in FIFA se Wêreldbekertoernooi in Rusland gespeel wat daarmee die tweede ronde afgehandel het.

Gister se uitslae:

Pole 0 – 3 Colombia

Japan 2 – 2 Senegal

Engeland 6 – 1 Panama

Die derde ronde begin vandag en eindig Donderdag. Vier wedstryde word elke dag gespeel.

Vandag se bepalings:

Uruguay 16:00 Rusland

Saoedi-Arabië 16:00 Egipte

Spanje 20:00 Marokko

Iran 20:00 Portugal

Gholf

  • In Europa het die BMW Internasionale Ope gister in Duitsland ten einde geloop.

1 Matt Wallace -10

2 Mikko Korhonen -9

Martin Kaymer -9

Thorbjørn Olesen -9

9 Justin Walters -6

  • In die VSA is die Travelers Kampioenskap afgehandel.

1 Bubba Watson -17

2 Stewart Cink -14

Beau Hossler -14

J.B. Holmes -14

Paul Casey -14

  • Intussen het Rory McIlroy en Sergio Garcia aangekondig dat hulle in November op Sun City in aksie sal wees by die Nedbank Gholfuitdaging. Die toernooi word van 8 tot 11 November gespeel.
  • Suid-Afrika se Jovan Rebula (susterskind van Ernie Els) het die 123ste Britse Amateur Kampioenskappe gewen. Bobby Cole het dit in 1966 die eerste keer as Suid-Afrikaner vermag.

Atletiek

  • Die sesde byeenkoms van die IAAF se Wêreld-uitdaging is in Madrid aangebied. Die Suid-Afrikaner Akani Simbine het derde in die 100 m geëindig in 10.01 sekondes.

Tennis

  • Die Queens Klub-toernooi is gister afgehandel. (1) Marin Cilic en Novak Djokovic het in die eindronde sake uitgespook met Cilic wat in drie stelle koning gekraai het. Die telling was 5-7, 7-6 en 6-3.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Frankryk is gister gejaag. Die wedren oor 53 rondes is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen wat van die begin tot die einde voor gejaag het. Max Verstappen (Red Bull) was tweede en Kimi Räikkönen (Ferrari) derde. Daniel Ricciardo (Red Bull) het vierde oor die eindstreep gejaag met Sebastian Vettel (Ferrari) vyfde.

Krieket

  • Engeland en Australië se vyfde eendagkragmeting is die naweek gespeel.

Australië 205

Engeland 208/9

Engeland wen met 1 paaltjie en wen die reeks met 5-0.

  • In die driehoekige T20-reeks vir vroue is daar die naweek twee wedstryde gespeel. Engeland het Nieu-Seeland met 54 lopies geklop. Suid-Afrika het op hul beurt vir Engeland met ses paaltjies geklop.
  • Die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Sri-Lanka het Saterdag begin. Na dag twee was Sri Lanka op 99/5 in antwoord op die Windies se 204 lopies in hul eerste beurt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.