Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker het die derde en laaste ronde van die groepfase gister begin en vier wedstryde is afgehandel. Drama was aan die orde van die dag toe die twee gunstelinge in Groep B (Spanje en Portugal) net-net die uitspeelrondes gehaal het.

Gister se uitslae:

Uruguay 3 – 0 Rusland
Saoedi-Arabië 2 – 1 Egipte
Spanje 2 – 2 Marokko
Iran 1 – 1 Portugal

In Groep A kwalifiseer Uruguay en Rusland vir die uitspeelrondes en in Groep B Spanje en Portugal.

Vandag se bepalings:

Groep C

Australië 16:00 Peru
Denemarke 16:00 Frankryk 

Groep D

Nigerië 20:00 Argentinië
Ysland 20:00 Kroasië

Rugby

  • Ná die naweek se internasionale wedstryde het die Springbokke teruggesak na die sesde plek op die wêreldranglys.
    1. Nieu-Seeland
    2. Ierland
    3. Wallis
    4. Engeland
    5. Australië
    6. Suid-Afrika
    7. Skotland
    8. Frankryk
    9. Fidji
    10. Argentinië 

Snoeker

  • Mutalieb Allie is die naweek as Suid-Afrika se enkelspelkampioen gekroon by die SA Snoeker-kampioenskaptoernooi in Port Elizabeth. Dit was die 44-jarige Allie se eerste nasionale titel. 

Gholf

  • Op die jongste Wêreldranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.

1          Dustin Johnson
2          Justin Thomas
3          Justin Rose
4          Brooks Koepka
5          Jon Rahm
32        Louis Oosthuizen
34        Branden Grace
45        Charl Schwartzel 

Atletiek

  • Die volgende Diamantliga-byeenkoms vind komende Saterdag plaas. Dit sal die sewende byeenkoms in vanjaar se reeks wees en word in Parys aangebied.

Tennis

  • Die laaste voorbereidings vir Wimbledon 2018 word tans getref. Die toernooi skop aanstaande Maandag af. Intussen het Roger Federer sy eerste plek op die wêreldranglys prysgegee toe hy die naweek pak gekry het. Rafa Nadal is nou weer die voorste speler in die wêreld. Suid-Afrika se Kevin Anderson is steeds agtste op die wêreldranglys.

Motorwedrenne

  • Ná die Formule Een Grand Prix van Frankryk is Lewis Hamilton (Mercedes) weer voor op die punteleer. Hy spog met 145 punte. Sebastian Vettel (Ferrari) is tweede met 131. Daniel Ricciardo (Red Bull) is derde met 96 en Valtteri Bottas (Mercedes) beklee die vierde plek met 92 punte.

Kimi Räikkönen (Ferrari) is nou vyfde met 83 punte. Die volgende wedren word komende Sondag in Oostenryk gejaag en ʼn week daarna is die aksie in Brittanje.

Krieket

  • Engeland en Australië se enigste T20-wedstryd word môre in Birmingham gespeel.
  • Die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Sri Lanka het gister sy derde dag beleef.

Windies 204 en 93
Sri Lanka 154 en 81/5

Sri Lanka benodig nog 63 lopies met 5 paaltjies staande om die toets te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.