Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker is die laaste wedstryde in Groep C en D gister afgehandel. Een van die gunstelinge, Argentinië, het eers in die doodsnikke hul plek in die uitspeelfase bespreek.

Gister se uitslae:

Groep C

Australië 0 – 2 Peru
Denemarke 0 – 0 Frankryk

Groep D

Nigerië 1 – 2 Argentinië
Ysland 1 – 2 Kroasië

In Groep C kwalifiseer Frankryk (7 punte) en Denemarke (5 punte) vir die uitspeelrondes en in Groep D het Kroasië (9 punte) en Argentinië (4 punte) hul plek in die laaste 16 verseker.

Vandag se bepalings:

Groep E

Mexiko 16:00 Swede
Republiek van Korea 16:00 Duitsland 

Groep F

Switserland 20:00 Costa Rica
Serwië 20:00 Brasilië

Rugby

  • Die internasionale wedstryde van die afgelope paar weke is iets van die verlede en nou is die fokus weer op Superrugby. Op die huidige punteleer is daar vier Nieu-Seelandse spanne onder die topses.
  1. Crusaders (K) 54
  2. Lions (K) 40
  3. Waratahs (K) 35
  4. Hurricanes 45
  5. Highlanders 40
  6. Chiefs 37
  7. Jaguares 34
  8. Rebels 34
  9. Sharks 28
  10. Stormers 25
  11. Brumbies 25
  12. Bulls 24
  13. Reds 19
  14. Blues 17
  15. Sunwolves 10 
  • Intussen het die Lions se senter Rohan Janse van Rensburg ʼn kontrak met die Engelse klubspan die Sale Sharks geteken. Rohan het sy debuut vir die Bokke in 2016 gemaak. 
  • Die voormalige bokkaptein Adriaan Strauss het sy uittrede uit alle vorme van die spel aangekondig. Strauss sal aan die einde van die Superrugby-seisoen sy stewels ophang. Hy het reeds aan die einde van 2016 uit toetsrugby getree. 

Gholf

  • Hierdie week val die kollig in die Europese reeks op die 102de Franse Ope wat in Parys gespeel word. Dit is die tweede oudste ope in Europa en drie van die voorste tien spelers in die wêreld sal in aksie wees. 
  • In Amerika slaan die spelers môre af in The National in Maryland. 

Atletiek

  • Die sewende Diamantliga-byeenkoms vind Saterdag in Parys plaas. Die fokus gaan veral op die spronge wees wanneer die wêreld se voorste atlete mekaar die stryd aansê in manspaalspring, asook in vrouehoogspring en driesprong.

Tennis

  • Wimbledon 2018 skop aanstaande Maandag af. Intussen is dit nog onduidelik of Andy Murray in aksie sal wees. Roger Federer is eerste gekeur vir die toernooi met Rafael Nadal tweede.

1) Roger Federer
2) Rafael Nadal
3) Marin Cilic
4) Alexander Zverev
5) Juan Martin del Potro
6) Grigor Dimitrov
7) Dominic Thiem
8) Kevin Anderson 

  • Die keurlys vir die vroue word vandag bekend gemaak.

Motorwedrenne

  • Behalwe die Oostenrykse Formule Een Grand Prix word die Nederlandse Moto GP ook Sondag gejaag. Die motorfietse sal sake op die baan van Assen in Nederland uitspook.

Krieket

  • Engeland en Australië se enigste T20-wedstryd word vandag in Birmingham gespeel. Engeland het die eendagreeks met 5-0 gewen.
  • In Dublin speel Indië vandag teen Ierland in hul eerste T20-wedstryd.
  • Die derde toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Sri Lanka het gister ten einde geloop.

Windies 204 en 93
Sri Lanka 154 en 144/6

Sri Lanka wen die toets met 4 paaltjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.