Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker is die laaste wedstryde in Groep E en F gister afgehandel. Een van die gunstelinge en die verdedigende kampioen, Duitsland, is uitgeskakel en op pad huis toe. Boonop het Duitsland laaste in hul groep geëindig. 

Gister se uitslae:

Groep E

Mexiko 0 – 3 Swede
Republiek van Korea 2 – 0 Duitsland

Groep F

Switserland 2 – 2 Costa Rica
Serwië 0 – 2 Brasilië

In Groep E kwalifiseer Swede (6 punte) en Mexiko (6 punte) vir die uitspeelrondes en in Groep F het Brasilië (7 punte) en Switserland (5 punte) hul plek in die laaste 16 verseker.

Die laaste Groepwedstryde word vandag gespeel waarna net 16 spanne oorbly in die kompetisie. 

Groep G

Japan 16:00 Pole
Senegal 16:00 Colombië 

Groep H

Panama 20:00 Tunisië
Engeland 20:00 België

Rugby

  • Die Superrugby-reeks word die naweek voortgesit wanneer sewe wedstryde gespeel gaan word. Al vier Suid-Afrikaanse spanne is in aksie.

Vrydag

Blues 9:35 Reds
Rebels 11:45 Waratahs 

Saterdag

Highlanders 9:35 Chiefs
Brumbies 11:45 Hurricanes
Sunwolves 13:55 Bulls
Sharks 17:15 Lions
Jaguares 19:40 Stormers 

Sewesrugby

  • Neil Powell is besig met ʼn oefenkamp in Johannesburg om sy beste spelers te identifiseer vir die Wêreldbeker wat in San Francisco voorlê. Die toernooi word van 20 tot 22 Julie gespeel. 

Gholf

  • In die Europese reeks begin die 102de Franse Ope vanoggend in Parys. Van die 14 Suid-Afrikaners wat sal afslaan, sluit in Christiaan Bezuidenhout, Jacques Kruyswijk, Dean Burmester en George Coetzee. 
  • In Amerika slaan die spelers vandag af in The National in Maryland. Rory Sabbatini en Tyrone van Aswegen sal Suid-Afrika verteenwoordig. 

Atletiek

  • Die sewende Diamantliga-byeenkoms vind Saterdag in Parys plaas. Vir Suid-Afrika is die fokus op die 800 m waar Caster Semenya gaan poog om haar onoorwonne status vir 2018 te behou. Ander Suid-Afrikaners wat hul staal in Parys gaan toon, sluit in Akani Simbine in die 100 m vir mans en Antonio Alkana in die 110 m-hekkies.

Tennis

  • Wimbledon 2018 begin Maandag en die keurlys vir die vroue is gister bekend gemaak.
  1. Simona Halep (ROM)
  2. Caroline Wozniacki (DEN)
  3. Garbiñe Muguruza (SPA)
  4. Sloane Stephens (VSA)
  5. Elina Svitolina (UKR)
  • Intussen is Andy Murray by die Eastbourne-toernooi deur landgenoot Kyle Edmund uitgeskakel.

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Formule Een Grand Prix (die negende wedren van die seisoen) word Sondag afgehandel. Dit is die tweede van drie wedrenne op drie agtereenvolgende Sondae om ʼn oorvleueling met die eindstryd van die Sokkerwêreldbeker op 15 Julie te verhoed. Die baan in Oostenryk staan bekend as die “Red Bull Ring” en is in Spielberg geleë. Daar is sitplek vir 40 000 toeskouers; die baan is in 1969 gebou en 4,318 km lank.
  • Die Nederlandse Moto GP word ook Sondag gejaag. Marc Marques spog met ʼn voorsprong van 27 punte op die punteleer.
  1. Marc Marquez (Repsol Honda) 115
  2. Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 88
  3. Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 77
  4. Johann Zarco Monster (Yamaha Tech 3) 73
  5. Danilo Petrucci (Alma Pramac Racing) 71

Krieket

  • Engeland en Australië se enigste T20-wedstryd is gister in Birmingham gespeel.

Engeland 221/5
Australië 193

Engeland wen met 28 lopies.

  • In Dublin het Indië teen Ierland in hul eerste T20-wedstryd gespeel.

Indië 208/5
Ierland 132/9 (20 bb, teiken was 209)

Indië wen met 76 lopies.

  • In die driehoekige T20-reeks vir vroue speel Suid-Afrika vandag teen Nieu- Seeland en Engeland kom ook teen Nieu-Seeland te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.