Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker is die laaste wedstryde in die groepfase gister afgehandel. Al vyf spanne van Afrika gaan huis toe terwyl die vyf Suid-Amerikaanse lande feesvier en almal deur is na die laaste 16 spanne.

Gister se uitslae:

Groep G

Japan 0 – 1 Pole

Senegal 0 – 1 Colombia

Groep H

Panama 1 – 2 Tunisië

Engeland 0 – 1 België

In Groep G kwalifiseer België (9 punte) en Engeland (6 punte) vir die uitspeelrondes en in Groep H het Colombia (6 punte) en Japan (4 punte) hul plek in die laaste 16 verseker.

Die Ronde van 16 begin môre en eindig Dinsdag waarna daar net agt spanne oor sal wees.

Môre

Frankryk 16:00 Argentinië

Uruguay 20:00 Portugal

Sondag

Spanje 16:00 Rusland

Kroasië 20:00 Denemarke

Rugby

  • Sewe wedstryde word die naweek in die Superrugby-reeks

Vandag

Blues 9:35 Reds

Rebels 11:45 Waratahs

Môre

Highlanders 9:35 Chiefs

Brumbies 11:45 Hurricanes

Sunwolves 13:55 Bulls

Sharks 17:15 Lions

Jaguares 19:40 Stormers

  • Vir die Bulls sal Handré Pollard as kaptein op die veld draf.
  • Die Sharks het twee veranderinge aan hul span gemaak. Lwazi Mvovo word vervang deur Makazole Mapimpi en Louis Schreuder word op skrumskakel vervang deur Cameron Wright.
  • Die Lions se kaptein, Warren Whiteley, Malcolm Marx asook Ruan Combrink is terug in die span ná hul beserings.

Gholf

  • In die Europese reeks het die 102de Franse Ope gister in Parys begin.

1 Bradley Dredge -4

2 Graeme Mcdowell -3

Andy Sullivan -3

4 Dean Burmester -2

Shane Lowry -2

Robert Karlsson -2

  • In Amerika is die eerste ronde van The National in Maryland voltooi.

1 Andrew Landry -7

J.J. Spaun -7

3 Billy Horschel -6

Andrew Putnam -6

5 Abraham Ancer -5

Beau Hossler -5

Atletiek

  • Die sewende Diamantliga-byeenkoms word môre in Parys aangebied. Caster Semenya, Akani Simbine en Antonio Alkana sal in aksie wees. Die byeenkoms begin môre om 18:40 en eindig om 21:53.

Tennis

  • Die Wimbledon-kampioenskappe begin Maandag en duur vir twee weke. Daar sal 128 mans- en 128 vrouespelers in die hoofloting in aksie wees.
  • Hierdie week kry die spelers die geleentheid om finale voorbereidings te tref tydens die Eastbourne-toernooi. In die dubbelspel is Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy spanmaat Michael Venus in die kwarteind uitgeskakel.

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Formule Een Grand Prix word Sondag op die Red Bull Ring afgehandel. Die oefenrondes begin vandag terwyl die kwalifisering môre afgehandel sal word. Die wegtrek is Sondag om 15:10.
  • Die Nederlandse Moto GP word ook Sondag gejaag. Die Moto3-wedren begin Sondag om 11:00, die Moto2-wedren om 12:20 en die groot kanonne in Moto GP se wegtrek is om 14:00.

Krieket

  • In Dublin speel Indië vandag teen Ierland in hul tweede T20-wedstryd teen mekaar. Indië het die eerste wedstryd gewen.
  • In die driehoekige T20-reeks vir vroue het Suid-Afrika gister teen Nieu- Seeland gespeel. Suid-Afrika het 148/6 aangeteken en Nieu-Seeland het geantwoord met 151/2 (in 15.2 bb) om met 8 paaltjies te wen. In die ander kragmeting het Engeland teen Nieu-Seeland te staan gekom en Engeland het met 7 paaltjies geseëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.