Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker is die eerste vier wedstryde van die Ronde van 16 Drie van die topspanne in die kompetisie is uitgesakel. 

Die wenspanne dring deur na die kwarteind van die toernooi. 

Saterdag

Frankryk 4 – 3 Argentinië
Uruguay 2 – 1 Portugal 

Sondag

Spanje (3) 1 – 1 (4) Rusland (Doeluitskietstryd)
Kroasië (3) 1 – 1 (2) Denemarke (Doeluitskietstryd) 

Vandag

Brasilië 16:00 Mexiko
België 20:00 Japan 

Môre

Swede 16:00 Switserland
Colombia 20:00 Engeland 

Rugby

  • Sewe wedstryde is die naweek in die Superrugby-reeks gespeel. Van die vier Suid-Afrikaanse spanne kon net een ʼn oorwinning behaal. 

Jaguares 25 – 14 Stormers
Sharks 31 – 24 Lions
Sunwolves  42 – 37 Bulls
Brumbies 24 – 12 Hurricanes
Highlanders 22 – 45 Chiefs
Rebels 26 – 31 Waratahs
Blues 39 – 16 Reds 

Tennis

  • Die Wimbledon-kampioenskappe begin vandag. Die verdedigende kampioen, Roger Federer, jaag sy negende titel na en speel in die eerste ronde teen Dusan Lajovic. Suid-Afrika se (8) Kevin Anderson speel vandag teen die ongekeurde Norbert Gombos van Slowakye. 
  • Serena Williams, wat al sewe keer kampioen was, speel in die eerste ronde teen Arantxa Rus. 

Gholf

  • In die Europese reeks is die 102de Franse Ope gister in Parys afgehandel.

1 Alex Noren -7
2 Chris Wood -6
Russell Knox -6
Julian Suri -6
5 Jon Rahm -5
Marcus Kinhult -5
Matthew Southgate -5
12 Dylan Frittelli -3 

  • In Amerika is die laaste ronde van The National in Maryland voltooi.

1 Francesco Molinari -21
2 Ryan Armour -13
3 Sung Kang -12
4 Tiger Woods -11
Abraham Ancer -11 

Atletiek

  • Die sewende Diamantliga-byeenkoms is Saterdag in Parys aangebied. Suid-Afrika se Caster Semenya het haar persoonlike beste in die 800 m aangeteken toe sy geseëvier het in 1 minuut 54.25 sekondes. Dit was ook ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord. Akani Simbine het sy beste dié seisoen in die 100 m vir mans behaal met 9.94 sekondes. Antonio Alkana het in die 110 m hekkies ʼn vierde plek ingeneem in ʼn tyd van 13.32 sekondes en daar was ook ʼn vierde plek vir Luxolo Adams in die 200 m in 20.21 sekondes.

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Formule Een Grand Prix (die negende wedren van die seisoen) is gister op die “Red Bull Ring” deur Red Bull se Max Verstappen gewen. Kimi Räikkönen (Ferrari) het die tweede plek ingeneem en Sebastian Vettel (Ferrari) was derde.
  • Die Nederlandse MotoGP (die agtste van die seisoen) is ook gister afgehandel en is op die baan van Assen gejaag. Marc Marques op sy Repsol Honda het sake oorheers en het eerste geëindig. Alex Rins (Suzuki) was tweede met Maverick Vinales (Movistar Yamaha) derde.
  • In die Moto2-wedren was Suid-Afrika se Brad Binder sewende en Steven Odendaal 20ste. In Moto3 het Darryn Binder sewende geëindig.

Krieket

  • In Harare is die eerste T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Zimbabwe en Pakistan gespeel. Pakistan het met 74 lopies gewen.
  • Die driehoekige T20-reeks vir vroue se eindstryd is gister tussen Nieu- Seeland en Engeland gespeel. Engeland het met 7 paaltjies geseëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KIEWIET ·

Marques is die kampioen wat gewen moet word, en dit sal nie maklik gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.