Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi bly daar net vandag se twee wedstryde oor in die Ronde van 16. Van die groot deelnemers wat reeds hul tassies moes pak is Duitsland, Spanje, Portugal en Argentinië. 

Gister se uitslae:

Brasilië  2 – 0 Mexiko
België 3 – 2 Japan 

Vandag  

Swede 16:00 Switserland
Colombië 20:00 Engeland 

Tennis

  • Die Wimbledon-kampioenskap het gister begin en daar was soos gebruiklik reeds ʼn skok-uitslag of twee. Sloane Stephens (4) is reeds gister in die eerste ronde uitgeskakel.
  • Die verdedigende kampioen, Roger Federer, jaag sy negende titel en het maklik in die eerste ronde met Dusan Lajovic in drie stelle afgereken. Suid-Afrika se Kevin Anderson (8) het die ongekeurde Norbert Gombos van Slowakye met 6-3, 6-4 en 6-4 geklop.
  • Van die ander spelers wat deur is na die tweede ronde sluit in (3) Marin Cilic, Serena Williams, (7) Karolina Pliskova asook Victoria Azarenka
  • Vandag speel (2) Rafael Nadal teen Dudi Sela. 

Rugby

  • Ná die naweek se wedstryde staan sake só in die Superrugby-reeks.
  1. Crusaders (K) 54
  2. Lions (K) 41
  3. Waratahs (K) 39
  4. Hurricanes 45
  5. Chiefs 41
  6. Highlanders 40
  7. Jaguares 38
  8. Rebels 35
  9. Sharks 32
  10. Brumbies 29
  11. Bulls 25
  12. Stormers 25
  13. Blues 22
  14. Reds 19
  15. Sunwolves 14 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys is Dustin Johnson vir die 67ste week in die eerste plek.

1 Dustin Johnson
2 Justin Thomas
3 Justin Rose
4 Brooks Koepka
5 Jordan Spieth
32 Louis Oosthuizen
34 Branden Grace
45 Charl Schwartzel 

Atletiek

  • Die agtste Diamantliga-byeenkoms word Donderdagaand in Lausanne, Switserland, aangebied. Die reeks bestaan uit 14 byeenkomste.

Motorwedrenne

  • Ná die Oostenrykse Formule Een Grand Prix (die negende wedren van die seisoen) is Sebastian Vettel (Ferrari) weer die voorloper op die punteleer met 146 punte. Lewis Hamilton (Mercedes) is tweede met 145 punte. Kimi Raikkonen (Ferrari) is derde met 101 en Daniel Ricciardo (Red Bull) beklee die vierde plek met 96 punte.
  • Die Nederlandse MotoGP (die agtste van die seisoen) is ook die naweek afgehandel en Marc Marques op sy Repsol Honda is nou 41 punte voor sy naaste teenstander.
  1. Marc Marques – Honda 140
  2. Valentino Rossi – Yamaha 99
  3. Maverick Vinales – Yamaha 93
  4. Johann Zarco – Yamaha 81
  5. Andrea Dovizioso – Ducati 79
  6. Cal Crutchlow – Honda 79
  • In die Moto2-afdeling is Suid-Afrika se Brad Binder sewende op die punteleer en Steven Odendaal 27ste. In Moto3 is Darryn Binder 20ste.

Krieket

  • In Harare is die tweede T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Pakistan en Australië gespeel. Die Aussies het met nege paaltjies gewen. Vandag speel Australië teen Zimbabwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.