Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker is die Ronde van 16 afgehandel.

Gister se uitslae:

Swede 1 – 0  Switserland
Colombië (3) 1 – 1 (4) Engeland (Doeluitskietstryd)

Die kwarteindwedstryde word Vrydag en Saterdag (6 en 7 Julie) gespeel en daar sal weer elke dag twee wedstryde afgehandel word.

Vrydag speel Uruguay teen Frankryk om 16:00. Brasilië en België sal om 20:00 die aand sake uitspook.

Saterdag speel Engeland om 16:00 teen Swede en om 20:00 sal Rusland en Kroasië mekaar takel vir ʼn plek in die halfeind.

Tennis

  • Die Wimbledon-kampioenskaptoernooi het gister sy tweede dag beleef. (2) Rafael Nadal het vir Dudi Sela met 6-3, 6-3 en 6-2 geklop. Daar was ook oorwinnings vir (12) Novak Djokovic, (5) Juan Martin del Potro en Nick Kyrgios.
  • In die vroue-enkelspel het (1) Simona Halep en (3) Garbine Muguruza maklike oorwinnings in die eerste ronde behaal.
  • Vandag speel Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy spanmaat Michael Venus teen Alex Bolt en Lleyton Hewitt. 

Rugby

  • In die Superrugby-reeks word die komende naweek sewe wedstryde gespeel. 

Vrydag

Crusaders 9:35 Highlanders
Reds 11:45 Rebels 

Saterdag

Chiefs 7:15 Brumbies
Hurricanes 9:35 Blues
Waratahs 11:45 Sunwolves
Bulls 15:05 Jaguares
Stormers 17:15 Sharks 

Die Stormers sal sonder SP Marais, Eben Etzebeth, Seabelo Senatla en Dan du Plessis moet klaarkom wat steeds sukkel met beserings. 

Gholf

  • Vandeesweek val die kollig in Europa op die Ierse Ope wat môre begin. 
  • In Amerika slaan die spelers môre af in die Greenbier Classic in White Sulphur Springs in Wes-Virginië. 

Atletiek

  • Die agtste Diamantliga-byeenkoms word môreaand in Lausanne, Switserland, aangebied. Van die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees, sluit in Caster Semenya wat aan die 1 500 m sal deelneem. Semenya se beste tyd in die item is 3:59.92.

Motorwedrenne

  • Die Britse Formule Een Grand Prix (die tiende wedren van die seisoen) word Sondag op Silverstone gejaag. Dit sal die derde wedren in drie weke wees weens die Sokkerwêreldbeker se eindstryd op 15 Julie. Sebastian Vettel (Ferrari) is net een punt voor Lewis Hamilton (Mercedes) op die punteleer.

Krieket

  • Engeland en Indië het gister in hul eerste T20-wedstryd in Manchester kragte gemeet. Engeland 159/8 en Indië 163/2 (18.2/20 bb). Indië wen met 8 paaltjies met 10 balle oor.
  • In Harare is die derde T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Zimbabwe en Australië gespeel. Aaron Finch het die meeste lopies nog in ʼn T20-wedstryd gemoker toe hy 172 (16 x 4 en 10 x 6) van net 76 balle aangeteken het. Die Aussies het ʼn oorwinning van 100 lopies oor Zimbabwe behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.