Vandag se sportnuus

Sokker

  • By Fifa se Wêreldbeker klap die skote vandag in die eerste twee wedstryde van die kwarteindronde. Vier spanne is vandag in aksie en vier môre. Daarna bly net die twee halfeindstryde op Dinsdag 10 Julie en Woensdag 11 Julie oor. Die eindstryd word op Sondag 15 Julie beslis. 

Vandag  

Uruguay 16:00 Frankryk
Brasilië 20:00 België

Môre

Engeland 16:00 Swede
Rusland 20:00 Kroasië

Tennis

  • Die Wimbledon-kampioenskapsreeks het gister sy vierde dag beleef. Suid-Afrika se (8) Kevin Anderson het sy tweederonde-wedstryd teen Andreas Seppi voltooi. Anderson het met drie stelle teen een geseëvier. Ander spelers wat oorwinnings behaal het, sluit in (2) Rafael Nadal, (5) Juan Martin del Potro en (12) Novak Djokovic. Die groot skok van die dag was toe die derde gekeurde Marin Cilic in vyf stelle uitgeskakel is.
  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en spanmaat Michael Venus in vier stelle met Alex Bolt en Lleyton Hewitt afgereken.
  • In die vroue-enkelspel was daar ook tweederonde-oorwinnings vir (1) Simona Halep en (11) Angelique Kerber. (3) Garbine Muguruza is egter uitgeskakel.

Rugby

  • In die Superrugby-reeks word die naweek sewe wedstryde gespeel. 

Vandag

Crusaders 9:35 Highlanders
Reds 11:45 Rebels 

Môre

Chiefs 7:15 Brumbies
Hurricanes 9:35 Blues
Waratahs 11:45 Sunwolves
Bulls 15:05 Jaguares
Stormers 17:15 Sharks 

  • Die Bulls het ʼn onveranderde span aangewys vir hul kragmeting op Loftus teen die Jaguares.
  • Die Stormers het vyf veranderinge aan hul span gemaak wat die Sharks pak. Dillyn Leyds sal heelagter speel en dit sal sy 50ste wedstryd vir die Stormers wees.
  • Thomas du Toit sal ook in sy 50ste wedstryd vir die Sharks uitdraf in ʼn span wat vier veranderinge toon. 

Gholf

  • In Europa is die Ierse Ope se eerste ronde afgehandel.

1 Ryan Fox -5
2 Danny Willett -4
Padraig Harrington -4
Robert Rock -4
Adrien Saddier -4
Ashley Chesters -4
Matthieu Pavon -4
Lee Westwood -4
9 Dylan Frittelli -3
18 Zander Lombard -2 

  • In Amerika het die Greenbier Classic in White Sulphur Springs in Wes-Virginië ook gister begin.

1 Webb Simpson -9
2 Whee Kim -8
3 Joaquin Niemann -7
4 Kelly Kraft -6 

Atletiek

  • Die agtste Diamantliga-byeenkoms is gisteraand in Lausanne, Switserland, aangebied. Caster Semenya het aan die 1 500 m deelgeneem en sesde geëindig.

Motorwedrenne

  • Die Britse Formule Een Grand Prix (die tiende wedren van die seisoen) word Sondag op Silverstone gejaag. Net een punt skei Sebastian Vettel en Lewis Hamilton op die punteleer. Die wedren begin Sondag om 15:05.

Fietsry

  • Die 2018 Tour de France-fietswedren begin môre en duur tot 29 Julie. Daar sal 21 skofte in 23 dae oor ʼn afstand van 3 500 km afgelê word. Die eerste skof is 201 km lank. 

Krieket

  • In Harare is die vyfde T20-wedstryd in die driehoekige reeks tussen Australië en Pakistan gister gespeel. Pakistan het die wedstryd met 45 lopies gewen. Vandag speel Australië teen Zimbabwe.
  • Engeland en Indië speel vandag in hul tweede T20-wedstryd in Cardiff teen mekaar. Indië het die eerste wedstryd gewen.
  • In die eerste toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj het die Windies 406 in hul eerste beurt aangeteken. Aan die einde van dag twee het Bangladesj 43 en 62/6 op die telbord gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.