Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die twee halfeindstryde van Superrugby-reeks is die naweek afgehandel.
    • In die eerste wedstryd het die Crusaders die Hurricanes met 30 – 12 geklop om die eindstryd te haal.
    • In die tweede halfeind tussen die Lions en die Waratahs in Johannesburg was die telling na 40 minute 19 elk. In die tweede helfte het die tuisspan die oorhand gekry en uiteindelik met 44-26 geseëvier om vir die derde jaar in ʼn ry die eindstryd te haal. Die eindstryd word komende Saterdag in Christchurch, Nieu-Seeland, gespeel.

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in die eerste van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Dambulla gespeel. Die Proteas het die wedstryd met 5 paaltjies gewen met 114 balle oor.

Sri-Lanka 193 (Kagiso Rabada en Tabraiz Shamsi het elk vier paaltjies platgetrek)

Suid-Afrika 196/5 (JP Duminy was nie uit nie met 53 lopies)

  • In die derde en laaste eendagwedstryd tussen die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj het laasgenoemde die wedstryd met 18 lopies gewen en ook daarmee die reeks met 2-1 gewen.

Motorwedrenne

  • Die Hongaarse Formule Een Grand Prix is gister gejaag en Lewis Hamilton het van die begin tot die einde voor gejaag.
  1. Lewis Hamilton (Mercedes)
  2. Sebastian Vettel (Ferrari)
  3. Kimi Raikkonen (Ferrari)
  4. Daniel Ricciardo (Red Bull)
  5. Valtteri Bottas (Mercedes)

Fietsry

  • Die 2018 Tour de France-fietswedren het gister ten einde geloop. Na 21 skofte en 23 dae in die saal het die ryers ʼn totaal van 3 500 km afgelê. Die wedren is deur Geraint Thomas van Wallis gewen.
  1. Geraint Thomas
  2. Tom Dumoulin
  3. Chris Froome
  4. Primoz Roglic
  5. Steven Kruijswijk

Hokkie

  • Suid-Afrika se vrouespan het Saterdag by die wêreldbeker in Engeland met 1-1 gelykop gespeel teen Argentinië. Suid-Afrika is egter reeds uitgeskakel uit dié kompetisie.

Gholf

  • Die Europese Ope is die naweek in Hamburg afgehandel.

1 Richard Mcevoy -11

2 Allen John (Am) -10

Renato Paratore -10

Christofer Blomstrand -10

9 Charl Schwartzel -7

  • In die Amerikaanse-reeks is die Kanadese Ope in Ontario gespeel.

1 Dustin Johnson -23

2 Whee Kim -20

Byeong Hun An -20

4 Keegan Bradley -19

12 Rory Sabbatini -14

  • In Asië het Suid-Afrika se Justin Harding ʼn oorwinning met ses houe in Thailand behaal om sy tweede toernooi in ʼn ry te wen.
  • Die Senior Britse Ope is gister op die ou baan van St. Andrews afgehandel en die wenner was Miguel Ángel Jiménez op -12 houe onder die baansyfer. Bernard Langer het tweede geëindig op -11.
  • In vrouegholf was die fokus op die Skotse Ope. Die toernooi is deur Ariya Jutanugarn gewen.

1 Ariya Jutanugarn -13

2 Minjee Lee -12

8 Lee-Anne Pace -5        

17 Ashley Simon -3

Padwedlope

  • Stephen Mokoka het sy titel as ASA se half-marathonkampioen suksesvol in Port-Elizabeth verdedig. Janet Mbhele het die vroue 21,1 km-kroon vir die eerste keer verower.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ellisras ·

Virseker Beker. Wat gebeur met skole rugby. Dit is doodstil

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.