Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die eindstryd van die Superrugby-reeks word komende Saterdag in Christchurch, Nieu-Seeland, gespeel. Die wedstryd begin om 09:35 Suid-Afrikaanse tyd. Die Crusaders sal sonder hul flank, Jordan Taufua, moet klaarkom nadat hy sy arm gebreek het in die halfeindstryd teen die Hurricanes. Die Crusaders jaag hul negende kroon in die superreeks. Die Lions het die vleuel Aphiwe Dyantyi asook Cyle Brink ingesluit in hul groep van 25 spelers wat gisteraand na Nieu-Seeland vertrek het.
  • Die Bokke het slegte nuus voor die begin van die Rugbykampioenskap Die heelagter, Warrick Gelant, moet ʼn skoueroperasie ondergaan wat hom vir ʼn geruime tyd op die kantlyn sal hou. Die Bokke se eerste wedstryd is op 18 Augustus teen Argentinië in Durban. 
  • Die Bulls se afrigter, John Mitchell, het die Bulle se unie gevra vir R90 miljoen om die span weer ʼn krag te probeer maak. Die WP Rugbyunie se spelersbegroting is tans die grootste in die land en staan op R78 miljoen.

Krieket

  • Suid-Afrika speel môre in die tweede van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Dambulla. Die Proteas het die eerste wedstryd met 5 paaltjies gewen met nog 114 balle oor.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj speel môre in hul T-20-wedstryd teen mekaar.
  • In Edgbaston begin die eerste toets tussen Engeland en Indië ook môre.
  • Die voormalige Protea, Wayne Parnell, het gister na Worcestershire vertrek waar hy tot September vir die span sal speel. Parnell sal in September na die Cape Cobras terugkeer. 

Motorwedrenne

  • Ná die Hongaarse Formule Een Grand Prix (die 12de wedren van die seisoen) is Lewis Hamilton se voorsprong op die punteleer nou 24 punte. Dit was die sesde keer dat Hamilton in Hongarye geseëvier het.
  1. Lewis Hamilton (Mercedes) 213
  2. Sebastian Vettel (Ferrari) 189
  3. Kimi Räikkönen (Ferrari) 146
  4. Valtteri Bottas (Mercedes) 132
  5. Daniel Ricciardo (Red Bull) 118
  6. Max Verstappen (Red Bull) 105 

Tennis

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson is nou vyfde op die jongste wêreldranglys. Raven Klaasen is 24ste in die dubbelspel.

1 Rafael Nadal (SPA)
2 Roger Federer (SWE)
3 Alexander Zvarev (DUI)
4 Juan Martin del Potro (ARG)
5 Kevin Anderson (RSA)

Hokkie

  • By die Wêreldbeker vir Vroue in Engeland is daar gister twee wedstryde gespeel.

België (2) 0-0 (3) Spanje (doeluitskietstryd)
Argentinië 2-0 Nieu-Seeland 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys is Tiger Woods weer onder die top-50 spelers in die wêreld.

1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Justin Thomas
4 Brooks Koepka
5 Jon Rahm
33 Louis Oosthuizen
35 Branden Grace
49 Charl Schwartzel
50 Tiger Woods

  • In vrouegholf is Inbee Park van Korea die voorste speler in die wêreld. Haar landgenoot Sung Hyun Park is tweede met Thailand se Ariya Jutanugarn derde. 
  • In Suider-Afrika begin die Royal Swazi Spa-uitdaging môre en duur tot Vrydag. Die toernooi is deel van die Sonskynreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.