Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas speel more teen Nieu-Seeland in die vierde eendagkragmeting van die huidige reeks. Die wedstryd begin kort na middernag vanaand, Suid-Afrikaanse tyd. SA loop met 2-1 voor in die reeks.

Plaaslike krieket

In die Momentum Eendagreeks is die Titans die voorlopers.

sport1 

Die Knights speel more teen die Dolphins in Bloemfontein.

Rugby

SARU het bevestig Allister Coetzee bly aan as die bokafrigter. Franco Smith sal as aanvals- en agterlynafrigter voortgaan, nadat hy laat verlede jaar betrokke geraak het by die Bokspan.

Op die SuperRugby-punteleer in die Suid-Afrikaanse Konferensie staan sake so:

sport2

Intussen is die Lions se senter, Howard Msini, se seisoen verby na ʼn kniebesering die naweek teen die Stormers. Damian de Allende van die Stormers sal ook vir ʼn lang ruk af wees weens ʼn enkelbesering.

Sewesrugby

Die Blitsbokke is in Las Vegas, waar hulle die naweek in aksie sal wees by die Wêreldreeks se vyfde toernooi van die jaar. SA speel teen Kanada, Frankryk en Wallis in groep A.

Sesnasiesrugby

Op die nuutste punteleer staan sake so:

 sport3

Varsityrugby

Gisteraand se uitslae lyk so:

sport4

Gholf

Op die jongste wêreldranglys beklee Dustin Johnson steeds die eerste plek.

sport5

Suid-Afrikaners:

sport6

Op die Vroueranglys staan sake so:

 sport7

Tennis

Kevin Anderson het nog ʼn posisie teruggesak op die mansranglys.

76   Kevin Anderson

277 Lloyd Harris

512 Nik Scholtz

By die Dubai Ope-tenniskampioenskap het Roger Federer die tweede ronde gehaal, met ʼn maklike oorwinning van 6-1 en 6-3 oor Benoit Paire.

Sokker

Op die Plaaslike Premierliga se punteleer is Supersport United eerste:

sport8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.