Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die eindstryd van die Superrugby-reeks word komende Saterdag in Christchurch, Nieu-Seeland, gespeel. Intussen is die Lions se flank, Kwagga Smith, as die speler van die week aangewys ná die naweek se twee halfeindstryde. Smith het twee drieë gedruk in sy span se oorwinning oor die Waratahs. Hy het ook drie keer omgekeerde besit bewerkstelling, die bal 11 keer gedra oor ʼn afstand van 109 meter en het 10 verdedigers gefnuik.

Krieket

  • Suid-Afrika speel vandag in hul tweede van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Dambulla. Die wedstryd begin 11:00 vanoggend. Sri Lanka het hul laaste sewe wedstryde op die veld verloor. Die Proteas word deur Faf du Plessis aangevoer en daar word verwag dat daar min veranderinge, indien enige, aan die Suid-Afrikaanse span gemaak sal word. Die snelbouler, Kagiso Rabada, speel vandag in sy 50ste eendagwedstryd vir die Proteas.
  • Die eerste toets tussen Engeland en Indië begin vandag op Edgbaston in Birmingham. Die eerste bal sal om 12:00 afgestuur word. Engeland het vir Adil Rashid as draaier in hul span ingesluit.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj speel vandag in hul T-20 wedstryd teen mekaar.

Motorwedrenne

  • Die aksie verskuif die week na die MOTO GP van die Tsjeggiese Republiek. Die voorloper op die punteleer is Marc Marques wat spog met ʼn voorsprong van 46 punte.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 165

2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha)119

3 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 109

4 Andrea Dovizioso (Ducati) 88

5 Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) 88

6 Jorge Lorenzo (Ducati) 85

Tennis

  • By die Washington Ope het Andy Murray sy terugkeer na die tennisbaan met ʼn oorwinning oor Mackenzie McDonald gevier. Murray het met 3-6, 6-4 en 7-5 gewen. Vandag speel Murray in die ronde van 32 teen sy landgenoot (4) Kyle Edmund.
  • Die top-gekeurde vroue-speler, Caroline Wozniacki, het haar gister aan die toernooi in Washington onttrek as gevolg van ʼn beenbesering.

Hokkie

  • By die Wêreldbeker vir Vroue in Engeland is daar gister twee wedstryde gespeel.

Italië 0-3 Indië

Engeland 2-0 Suid-Korea

Die kwarteindronde begin vandag met twee wedstryde wat afgehandel word. 18:00 Duitsland teen Spanje

20:15 Australië teen Argentinië

Gholf

  • In Suider-Afrika begin die Royal Swazi Spa-uitdaging Van die bekende spelers wat hul stokke sal swaai sluit in Trevor Fisher Jnr, Keith Horne en Jake Roos.
  • Die week se aksie in die Europese-reeks is in Fidji waar Fidji se Internasionale-toernooi môre begin. Ernie Els, JB Kruger en Justin Walters sal ook in aksie wees.
  • In Amerika slaan die spelers môre af in die Bridgestone Uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio.
  • In vroue-gholf word die Britse Ope die week in Skotland gespeel. Dit is die vierde major van die jaar en 19 van die top 20 vroue-spelers in die wêreld sal in aksie wees.

Fietsry

  • Sun City skud tans sy vere reg vir die 21ste jaarlikse Bestmed “Cycle4CANSA” fietswedren wat op 25 en 26 Augustus gery word. Duisende fietsryers neem jaarliks aan die uitdagings oor 25 km en 50 km deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.