Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die eindstryd van die Superrugby-reeks word komende Saterdag om 09:35 in Christchurch gespeel. Die Lions se kaptein, Warren Whiteley, het gesê sy spanlede gaan hul gewone aanvallende rugby speel waaraan hulle gewoond is. Hulle sal beslis nie meer konserwatief wees omdat dit ʼn eindstryd is nie. Whiteley het aan die media gesê hulle sal innoverend wees en selfs nuwe dinge waag. Die Crusaders het hul afgelope 14 wedstryde gewen en hulle is die gunstelinge om vir ʼn negende keer die titel te verower.

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in sy tweede van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Dambulla gemaklik gewen en loop met 2-0 voor in die reeks. Sri Lanka het die loot gewen, eerste gekolf en 244/8 aangeteken. Met die bal het Andile Phehlukwayo (3/45) en Lungi Ngidi (3/50) elk 3 paaltjies platgetrek. Die Proteas het geantwoord met 246/6 (42.5 boulbeurte) vir ʼn oorwinning van 4 paaltjies. Quinton de Kock was in uitstekende vorm en het 87 lopies (van 78 balle met 13 viere en 1 ses) met die kolf bygedra en Faf du Plessis 49 (41 balle). Die volgende wedstryd word Sondag gespeel.
  • Die eerste toets van vyf tussen Engeland en Indië het gister op Edgbaston in Birmingham begin. Engeland het die loot gewen en eerste gekolf. Kaptein Cook was gou terug in die paviljoen vir 13 lopies. Teen middagete was Engeland op 83/1 en teen teetyd op 163/3. Aan die einde van dag een was Engeland op 285/9 (88 bb).
  • Die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj se eerste T-20-wedstryd is in Basseterre afgehandel.

Bangladesj 143/9

Wes-Indiese Eilande 93/3 (9.1 bb)

Die Windies wen met 7 paaltjies met 11 balle oor (D/L-metode).

Motorwedrenne

  • Die eerste oefenrondes vir die Tsjeggiese Moto GP word môre gejaag. Die kwalifisering vind Saterdag plaas terwyl die wedrenne Sondag vir Moto GP, Moto2 asook Moto3 afgehandel word.

Tennis

  • By die Washington Ope het Andy Murray in die ronde van 32 teen sy landgenoot (4) Kyle Edmund gespeel en in drie stelle geseëvier. Die telling was 7-6, 1-6 en 6-4.
  • Die topgekeurde vrouespeler, Caroline Wozniacki, het haar gister aan die toernooi in Washington onttrek weens ʼn beenbesering.

Hokkie

  • By die Wêreldbeker vir Vroue in Engeland is die eerste twee kwarteindronde-wedstryde gister gespeel.

Duitsland 0-1 Spanje

Australië (4) 0-0 (3) Argentinië (doeluitskietstryd)

Vandag word die ander twee kwarteindstryde gespeel.

18:00 Ierland teen Indië

20:15 Nederland teen Engeland

Gholf

  • Die eerste ronde van die Royal Swazi Spa-uitdaging is gister voltooi en Doug McGuigan van Skotland loop met twee houe voor ná ʼn eerste ronde van 65 houe.

1   Doug McGuigan -7

2   Daniel van Tonder -5

Musiwalo Nethunzwi -5       

Andre de Decker -5    

Erhard Lambrechts -5

  • In die Europese reeks is Fidji se internasionale toernooi se eerste ronde voltooi.

1        Nick Cullen -5

Jarryd Felton -5

Andrew Dodt -5

9        Justin Walters -2  

27      Ernie Els 0

  • In Amerika slaan die spelers later vandag af in die Bridgestone Uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio.
  • Die Britse Ope vir vroue begin vandag in Skotland. Ashley Simon en Lee-Anne Pace sal Suid-Afrika verteenwoordig.

Atletiek

  • Die drievoudige wêreldkampioen en dubbele Olimpiese 800 m-kampioen, Caster Semenya, sal by die volgende Diamantliga-byeenkoms in aksie wees. Caster sal op 18 Augustus in Birmingham aan die 1 500 m deelneem.
  • Intussen loop sake heeltemal skeef vir die span van Suid-Afrika wat by die Afrika-kampioenskapsreeks in Nigerië is. Afgesien van swak reëlings deur die organiseerders moet die span klaarkom met swak vlugreëlings, powere verblyf en verlies van tasse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.