Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die eindstryd van die Superrugby-reeks word môre in Christchurch gespeel. Die afskop is om 09:35 en die skeidsregter is Angus Gardner (Australië). Die Lions het vir Courtnall Skosan op vleuel gekies terwyl Cyle Brink weer sy plek op flank sal inneem.

Die Lions se span is:

15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrink, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Warren Whiteley (kaptein), 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Marvin Orie, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen

Plaasvervangers: 16 Corne Fourie, 17 Dylan Smith, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Marnus Schoeman, 21 Dillon Smit, 22 Aphiwe Dyantyi, 23 Howard Mnisi

  • Zimbabwe speel môre in die Afrika Goue Beker-kompetisie teen die verdedigende kampioene, Namibië. Die wedstryd word in Bulawayo afgehandel.

Krieket

  • Suid-Afrika speel Sondag in hul derde van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Kandy. Suid- Afrika loop met 2-0 voor in die reeks.
  • Die eerste toets van vyf tussen Engeland en Indië het gister op Edgbaston sy tweede dag beleef. Engeland het die loot gewen en het 287 lopies in eerste beurt aangeteken. Indië is gister vir 274 uitgeboul. Aan die einde van dag twee was Engeland in hul tweede beurt op 9/1 wat aan hulle ʼn algehele voorsprong van 22 lopies gee.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj se tweede T-20 wedstryd word môre in Lauderhill afgehandel. Die Windies het die eerste wedstryd met 7 paaltjies gewen.

Motorwedrenne

  • Die Tsjeggiese MotoGP word die naweek afgehandel. Die Masaryk-baan in Brno is bekend daarvoor dat hy met die bande se gal werk. Daar is 14 draaie (8 na regs en 6 na links) waarvan 9 skerper is as 90 grade. Die baan is 5.403 km lank en die langste pylvak is 636 m lank. Die Moto3-wedren word Sondag om 11:00 gejaag, die Moto2-ren begin om 12:20 en die groot kanonne in Moto GP sal om 14:00 wegtrek.

Atletiek

  • By die Afrika-kampioenskappe in Nigerië het Akani Simbine goud in die 100 m gewen in ʼn tyd van 10.23 sekondes. Simon Magakwe was derde in 10.35 sekondes. Rikenette Steenkamp het silwer in die 100 m-hekkies ingepalm met ʼn tyd van 13.18 sekondes. Kayle Blignaut spog met ʼn brons medalje in die gewigstoot met ʼn afstand van 19,05 m.

Tennis

  • By die Washington Ope het (1) Alexander Zverev en die (3) David Goffin beide na die kwarteind deurgedring. Andy Murray moet nog sy derde ronde se wedstryd teen Marius Copil voltooi.

Hokkie

  • By die Wêreldbeker vir Vroue in Engeland is die laaste twee kwarteindstryde gister gespeel.

Ierland (3) 0 – 0 (1) Indië (Doeluitskietstryd)

Nederland 2 – 0 Engeland

Die halfeindstryde word môre afgehandel en die eindstryd Sondag.

Gholf

  • Die tweede ronde van die Royal Swazi Spa-uitdaging is gister voltooi.

134 – Keenan Davidse 70 64, Andre De Decker 67 67
135 – Louis de Jager 68 67
136 – Thriston Lawrence 72 64, Michael Palmer 69 67, Michael Hollick 70 66
137 – Daniel van Tonder 67 70, Jean Hugo 72 65

  • In die Europese reeks is Fidji se internasionale toernooi se tweede ronde voltooi.

1 Ben Campbell -11

2 Jarryd Felton -8

Andrew Dodt -8

11 Justin Walters – 3

  • In Amerika is die eerste ronde van die Bridgestone Uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio, afgehandel.

1 Ian Poulter -8

2 Kyle Stanley -7

Rickie Fowler -7

27 Jaco Ahlers -2

     Louis Oosthuizen -2

  • Die Britse Ope vir vroue het gister in Skotland begin.

1 Minkee Lee -7

2 Mamiko Higa -6

83 Ashley Simon +2

Sokker

  • Die ABSA Premierliga begin die naweek met ses wedstryde wat môre gespeel word.

Mamelodi Sundowns 15:00 Kaizer Chiefs

Bidvest Wits 18:00 Free State Stars

Black Leopards 18:00 Polokwane City

Cape Town City FC 18:00 SuperSport United

AmaZulu FC 20:15 Baroka FC

Orlando Pirates 20:15 Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.