Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokke se afrigter, Rassie Erasmus, sal vandag sy groep aankondig vir die Rugby-kampioenskapsreeks wat op 18 Augustus afskop. Die span word om 11:00 bekend gemaak.
  • Die eindstryd van die Superrugby-reeks is Saterdag in Christchurch gespeel. Die Crusaders het die titel vir ʼn negende keer verower nadat hulle die Lions met 37 – 18 geklop het. Teen rustyd was die Crusaders reeds met 20 – 6 voor. Die Lions het die meeste balbesit asook gebiedsvoordeel gehad, maar die Crusaders se verdediging was uitmuntend.
  • Zimbabwe het Saterdag in die Afrika Goue Beker- kompetisie teen die verdedigende kampioen, Namibië, gespeel. Namibië het die wedstryd in Bulawayo met 58-28 gewen. 

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in sy derde van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Kandy gespeel. Die Proteas het gemaklik met 78 lopies gewen en daarmee het hulle ook die reeks beklink. Suid-Afrika loop nou met 3-0 voor in die reeks.

Die loot is deur Sri Lanka gewen wat besluit het om eerste te boul. Die Proteas het vir Reeza Hendricks in hul span ingesluit en hy het in sy debuutwedstryd ʼn 100-tal aangeteken (102 van 89 balle). Sri Lanka kon net antwoord met 285 lopies (45.2/50). Met die bal het Lungi Ngidi 4 paaltjies vir 57 lopies platgetrek en Andile Phehlukwayo 3 vir 74. Die vierde wedstryd word Woensdag 8 Augustus op die dieselfde veld gespeel.

  • Die eerste toets van vyf tussen Engeland en Indië het Saterdag op Edgbaston ten einde geloop. Engeland ʼn oorwinning van 31 lopies behaal. Die tweede toets begin Donderdag.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj se tweede T-20-wedstryd is in Lauderhill afgehandel. Bangladesj het met 12 lopies gewen.

Motorwedrenne

  • Die Tsjeggiese Moto GP het gister plaasgevind. Dit was die tiende wedren van die seisoen en Ducati het eerste en tweede geëindig. Die wedren is deur Andrea Dovizioso (Ducati) gewen met sy spanmaat Jorge Lorenzo was tweede. Die voorloper op die punteleer, Marc Marques (Repsol Honda), het derde oor die eindstreep gejaag. In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder sesde geëindig en in Moto3 was Darryn Binder 23ste. 

Atletiek

  • By die Afrika-kampioenskap in Nigerië het Suid-Afrika se atlete uitstekend gevaar. Dit sluit in Caster Semenya wat goud in die 400 m (49,.66s) asook in die 800 m met ʼn nuwe Afrika rekord (1:56,06) verower het. Akani Simbine se goue-medalje in die 100 m in ʼn tyd van 10,23 sekondes. In die verspring vir mans het Rushwahl Samaai die goue-medalje met ʼn sprong van 8,45 m gewen. Antonio Alkana het goud in die 110 m hekkies gewen (13,51 sekondes).

Tydens die kampioenskap is twee Suid-Afrikaners in Afrika se heldesaal opgeneem.  Die twee wie die eer te beurt geval het is Wayde van Niekerk en Caster Semenya.

Tennis

  • By die Washington Ope het (1) Alexander Zverev teen Alex de Minaur in die eindstryd gespeel en met 6-2 en 6-4 geseëvier. 

Hokkie

  • By die Wêreldbeker vir vroue in Engeland is die eindstryd gister afgehandel. Nederland het vir Ierland met 6-0 in die eindstryd geklop.

Gholf

  • Die Royal Swazi Spa-uitdaging is na ʼn valbylstryd deur Andre De Decker gewen.

1        Andre De Decker   -16    
2        Michael Palmer     -16    
3        Michael Hollick     -15    
          Louis de Jager      -15    
5        Rourke van der Spuy -14
Keith Horne           -14    
          Keenan Davidse    -14

  • In die Europese reeks is Fidji se Internasionale toernooi se eerste plek deur Gaganjeet Bhullar ingepalm.

1 Gaganjeet Bhullar -14
2 Anthony Quayle -13
3 Ernie Els -12
Ben Campbell -12

  • In Amerika is die Bridgestone-uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio, vanoggend Suid-Afrikaanse tyd afgehandel.

1 Justin Thomas -15
2 Kyle Stanley -11
3 Thorbjorn Olesen -10
Dustin Johnson -10
24 Louis Oosthuizen -3

  • Die Britse Ope vir vroue is in Skotland deur Georgia Hall van Engeland

1 Georgia Hall -17
2 Phatlum Pornanong -15
3 So-Yeon  Ryu -13

Sokker

  • Verskeie wedstryde is die naweek in die Absa Premierliga gespeel.

Mamelodi Sundowns 1-1 Kaizer Chiefs
Wits 3-0 Free State Stars
Cape Town City 2-0 SuperSport United
Black Leopards 1-0 Polokwane City
AmaZulu 1-0 Baroka
Orlando Pirates 1-1 Highlands
Bloemfontein Celtic 2-0 Chippa United
Maritzburg United 0-2 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.