Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokke se afrigter, Rassie Erasmus, het gister sy groep van 35 spelers bekend gemaak vir die Rugbykampioenskap. Vier Lions is terug in die groep. Hulle is Malcolm Marx (haker), Warren Whiteley (agtsteman), Ross Cronje (skrumskakel) en Lionel Mapoe (senter). Eben Etzebeth het ook van sy besering herstel. Daar is drie nuwelinge in die groep. Hulle is die losskakel, Damian Willemse, asook die twee losvoorspelers, Marco van Staden en Cyle Brink.
  • Bath Rugby het gister aangekondig dat die Lions se stut, Jacques van Rooyen, hom by die klub gaan aansluit.

Krieket

  • Suid-Afrika speel môre in sy vierde van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Kandy. Die Proteas loop met 3-0 voor in die reeks en sal nou daarop fokus om skoonskip in die reeks te maak. Die Proteas het die derde wedstryd met 78 lopies gewen. Slegte nuus vir Suid-Afrika is dat Faf du Plessis die res van die toer in Sri Lanka sal misloop ná hy sy skouer in Sondag se wedstryd beseer het.
  • Die tweede toets van vyf tussen Engeland en Indië begin Donderdag. Engeland het die eerste toets met 31 lopies gewen.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj se derde T-20-wedstryd is in Lauderhill afgehandel. Bangladesj (135/7) het met 19 lopies (op die D/L-metode) oor die Windies (135/7) geseëvier.

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Moto GP word komende naweek gejaag. Ná die Tsjeggiese Moto GP van die naweek is Marc Marques 49 punte voor sy naaste teenstander.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 181
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 132
3 Andrea Dovizioso (Ducati) 113
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 109
5 Jorge Lorenzo (Ducati) 105
6 Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) 97

  • In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder algeheel vyfde op die punteleer. 

Atletiek

  • By die Afrika-kampioenskapstoernooi in Nigerië het Suid-Afrika tweede op die medaljeleer geëindig. Kenia het die meeste medaljes ingeoes (11 goud), terwyl Suid-Afrika gespog het met ʼn totaal van 30 medaljes (9 goud, 13 silwer en 8 brons).

Tennis

  • By die Toronto-meesters het die topspelers ʼn loslootjie in die eerste ronde gehad. Van gister se uitslae sluit in dat die ongekeurde Milos Raonic met (10) David Goffin afgereken het. Die telling was 6-3 en 6-4.
  • In die Dubbelspel het Suid-Afrika se Kevin Anderson en Novak Djokovic ʼn maklike oorwinning oor Felix Auger-Aliassime en Denis Shapovalov behaal. Die telling was 6-3 en 6-2. Raven Klaasen en Michael Venus sal vandag in aksie wees. 
  • By die Rogersbeker vir Vroue was daar gister oorwinnings vir (13) Venus Williams en (9) Karolina Plíšková. 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.

1 Dustin Johnson
2 Justin Thomas
3 Justin Rose
34 Louis Oosthuizen
36 Branden Grace
52 Charl Schwartzel 

  • Op die plaaslike front begin die Sun Carnival City Uitdaging môre op die Ebotse Landgoed by Benoni.
  • Die 4de Major van die jaar, die PGA-kampioenskap, begin Donderdag op die Bellerive Buiteklub in St. Louis, Missouri. Ses Suid-Afrikaners sal in aksie wees. Dit sluit Louis Oosthuizen en Branden Grace in.

Sokker

  • Twee wedstryde in die Absa-Premierliga word vanaand gespeel.

Polokwane City 19:30 Mamelodi Sundowns
Kaizer Chiefs 19:30 Bidvest Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.