Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika speel vandag in hul vierde van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Kandy. Die Proteas het reeds die reeks beklink. Die vraag is egter wie in die beseerde Faf du Plessis se plek sal speel. Quinton de Kock sal die kaptein wees in die laaste twee wedstryde. Die wedstryd begin vanoggend om 11:00.
  • Die tweede toets van vyf tussen Engeland en Indië begin môre op Lords in Londen. Die vraag is of Engeland dalk twee draaiers gaan inspan vir hierdie kragmeting.
  • Krieket Suid-Afrika het aangekondig dat Afrika se T20-toernooi in September gespeel sal word (14-16 en 23-24 September) en dat daar 20 spanne in aksie sal wees. 

Rugby

  • Vier Suid-Afrikaners is in 2018 se Superrugby-span van die seisoen Die spelers is die Lood de Jager (slot), Malcolm Marx (haker) Jean-Luc du Preez (flank) en Steven Kitshoff (Stut).

Die speler van die jaar is die Chiefs se Damian McKenzie. Dié losskakel het 74 verdedigers geklop en 177 punte aangeteken.

Swem

  • Die Nasionale Swemkampioenskappe van 2018 begin môre by die Kingspark-swembad in Durban en duur tot Sondag. Die swemmers sal meeding vir ʼn plek in die span wat Suid-Afrika in Desember by die wêreldkampioenskap in China gaan verteenwoordig.

Chad le Clos sal aan vyf items deelneem en Cameron van der Burgh aan twee. Rebecca Meder sal op haar beurt aan vyf items deelneem. Erin Gallagher sal ses keer in aksie wees en Tatjana Schoenmaker sewe keer. 

Gholf

  • Op die plaaslike front begin die Sun Carnival City Uitdaging vanoggend op die Ebotse Landgoed by Benoni. Van die spelers wat afslaan sluit in Trevor Fisher Junior, Jaco Van Zyl en voormalige wenner Jbe’ Kruger.
  • Die 4de Major van die jaar, die 100ste Amerikaanse PGA-kampioenskap, begin môre in Missouri. Twee spelers wat uitstaande mylpale in die oog het, is Tiger Woods en Jordan Spieth. Woods gaan poog om sy 15de Major te wen terwyl Jordan Spieth gaan probeer om slegs die sesde speler ooit te word om al vier Majors te wen. 

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Moto GP word komende naweek gejaag. Dit is die elfde wedren van die seisoen. Marc Marques het ʼn voorsprong van 49 punte op die punteleer. Verlede naweek het Ducati eerste en tweede in die Tsjeggiese Moto GP geëindig. 

Tennis

  • By die Toronto-meesters was daar gister oorwinnings vir (9) Novak Djokovic, (11) Diego Schwartzman asook (12) Pablo Carreno Busta.
  • In die dubbelspel het Raven Klaasen en Michael Venus vir Artem Sitak en Stefanos Tsitsipas met 6-4 en 6-4 geklop. 
  • By die Rogersbeker vir Vroue was Victoria Azarenka en Carolina Carcia gister aan die wenkant. 

Sokker

  • Twee wedstryde is gister in die ABSA Premierliga

Polokwane City 0 – 2 Mamelodi Sundowns
Kaizer Chiefs 1 – 3 Bidvest Wits

  • Vandag word daar vyf wedstryde gespeel.

Free State Stars 19:30 Maritzburg United
SuperSport United 19:30 AmaZulu
Chippa United 19:30 Orlando Pirates
Baroka 19:30 Cape Town City
Golden Arrows 19:30 Bloemfontein Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.