Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in sy vierde van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Kandy gespeel. Sri Lanka het die wedstryd met drie lopies gewen. Die wedstryd het laat begin as gevolg van reën en kon daar onderskeidelik net 39 en 21 boulbeurte ingepas word. Sri Lanka het 306/7 in sy 39 boulbeurte aangeteken. Die Proteas het in 21 beurte geantwoord met 187/9 nadat die teiken 191 was. Suid-Afrika loop nou met 3 – 1 voor in die reeks. Die laaste wedstryd word Sondag gespeel.
  • Die tweede toets van vyf tussen Engeland en Indië begin vanoggend op Lords in Londen. Engeland het die eerste toets gewen en loop met 1-0 voor in die reeks.

Rugby

  • Die Pumas en hul afrigter, Brent Janse van Rensburg, se paadjies skei en Jimmy Stonehouse sal weer die span afrig vir die 2018 Curriebeker-seisoen.
  • Indien John Mitchell sy opsie aanvaar om Engeland te help afrig blyk dit dat die WP se John Dobson die voorloper in die wedloop is om die Bulls se nuwe afrigter te word.

Swem

  • Die Nasionale Swemkampioenskap van 2018 begin vandag by die Kingspark swembad in Durban en duur tot Sondag. Ná afloop van die byeenkoms sal die span bekend gemaak word wat Suid-Afrika in Desember op die wêreldkampioenskap in China sal verteenwoordig. Van die swemmers wat dopgehou word sluit in Tatjana Schoenmaker, Chad le Clos en Cameron van der Burgh.

Gholf

  • Op die plaaslike front is die eerste ronde van die Sun Carnival City Uitdaging in Benoni voltooi. JC Ritchie spog met ʼn drie houe voorsprong.

1 JC Ritchie -8

2 Louis de Jager -5

3 Tyrone Ferreira -4

   Teaghan Gauche -4

   Jake Redman -4

  • Die vierde Major van die jaar, die 100ste Amerikaanse PGA-kampioenskap, begin vandag op die Bellerive-buiteklub in St. Louis, Missouri. Die uitstaande groepering vir die eerste twee rondes is die voormalige no. 1 in die wêreld, Tiger Woods, wat saam met Rory McIlroy en die verdedigende kampioen, Justin Thomas, sal speel. Die ses Suid-Afrikaners in die veld is Louis Oosthuizen, Branden Grace, Brandon Stone, Dylan Frittelli, Justin Harding en Charl Schwartzel.

Atletiek

  • Caster Semenya sal voortaan onthou word as dubbele Olimpiese kampioen asook drievoudige Wêreldkampioen in die 800 m. Dit kom nadat Mariya Farnisova (Rusland) se appèl teen haar skorsing, weens die gebruik van ʼn verbode middel, nie geslaag het nie. Mariya het goud in die 800 m op die Olimpiese Spele in 2012 asook die Wêreldkampioenskap in 2011 gewen. Semenya was in albei gevalle tweede.

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Moto GP word hierdie naweek gejaag. Die twee fokuswoorde die week in Spielberg is hoogte bo seespieël en versnelling, en Ducati is tans “die konings van die berge”. Hulle het in 2016 en 2017 sake in Oostenryk oorheers. Die baan is 4,31 km lank. Die hoofwedren word Sondag om 14:00 gejaag.

Tennis

  • In die Toronto-meesters was daar gister oorwinnings in die ronde van 32 vir (1) Rafael Nadal, (2) Alexander Zverev, en (4) Kevin Anderson. (5) Grigor Dimitrov en (6) Marin Cilic is ook deur na die ronde van 16.
  • In die dubbelspel het Kevin Anderson en Novak Djokovic asook Raven Klaasen en Michael Venus hul plekke in die ronde van 16 bespreek.
  • By die Rogersbeker vir vroue was (3) Sloane Stephens en Maria Sharapova gister aan die wenkant.

Sokker

  • Vyf wedstryde is gister in ABSA se Premierliga

Free State Stars 2 – 1 Maritzburg United

SuperSport United 1 – 0 AmaZulu

Chippa United 0 – 1 Orlando Pirates

Baroka 2 – 1 Cape Town City

Golden Arrows 0 – 2 Bloemfontein Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.