Vandag se sportnuus

Krieket

  • Suid-Afrika speel Sondag in hul laaste van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Colombo. Sri Lanka het die vierde wedstryd met 3 lopies gewen. Suid-Afrika loop met 3-1 voor in die reeks. Daar sal een T20-wedstryd tussen die twee lande gespeel word.
  • Die tweede toets van vyf tussen Engeland en Indië moes gister op Lords in Londen begin. Reën was egter daarvoor verantwoordelik dat geen spel moontlik was nie.

Rugby

  • Die Curriebeker-reeks skop aanstaande naweek af. Die eerste bepalings lyk só:

Vrydag 17 Augustus

Vrystaat 19:00 Blou Bulle

Saterdag 18 Augustus

Pumas 14:05 Griekwas

Swem

  • Die Nasionale Swemkampioenskappe van 2018 het gister by die Kingspark-swembad in Durban begin en duur tot Sondag. Van die uitslae sluit in dat Chad le Clos in die 100 m-vryslag vir die wêreldkampioenskap gekwalifiseer het toe hy goud in ‘n tyd van 46.45 sekondes gewen het. Tatjana Schoenmaker het in die 200 m-borslag geseëvier in ‘n tyd van 2:18.93 sekondes,

Gholf

  • Op die plaaslike front is die tweede ronde van die Sun Carnival City Uitdaging in Benoni voltooi.

1 JC Ritchie -8

2 Toto Thimba -5

3 Rhys West -4

Aubrey Beckley -4

5 Ockie Strydom -3

  • Die 4de Major van die jaar, die 100ste Amerikaanse PGA-kampioenskap, het gister in Missouri begin. Louis Oosthuizen het hom aan die toernooi onttrek as gevolg van ‘n rugbesering. Ná die eerste ronde staan sake só:

1 Gary Woodland -6

2 Rickie Fowler -5

3 Brandon Stone -4

Zach Johnson -4

5 Dustin Johnson -3

16 Branden Grace -2

48 Charl Schwartzel E

Rory McIlroy E

Tiger Woods E

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Moto GP word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes word vandag afgehandel terwyl die kwalifisering môre afgehandel sal word. Die hoofwedren word Sondag om 14:00 gejaag. Dit sal voorafgegaan word deur die Moto3-wedren om 11:00 en die Moto2-wedren om 12:20.

Tennis

  • By die Toronto-meesters was daar gister oorwinnings in die ronde van 16 vir (4) Kevin Anderson asook (5) Grigor Dimotrov. Die 20-jarige Stefanos Tsitsipas het verras deur vir Novak Djokovic met 6-3, 6-7 (5/7) en 6-3 uit te skakel om die kwarteind te bereik.
  • In die dubbelspel het Raven Klaasen en Michael Venus hul plek in die kwarteind bespreek.
  • By die Rogersbeker vir vroue het Simona Halep vir Venus Williams met 6- 2 en 6-2 geklop om die kwarteind te bereik. Sloan Stephens is ook deur na die kwarteind.

Sokker

  • Een wedstryd is gister in ABSA se Premierliga

Highlands Park 2-2 Black Leopards

  • Die Engelse Premierliga begin vandag met een wedstryd wat gespeel word. Môre word daar ses wedstryde afgehandel.

Vandag

Manchester United 21:00 Leicester City

Saterdag 11 Augustus

Newcastle United 13:30 Tottenham Hotspur

Fulham 16:00 Crystal Palace

Huddersfield Town 16:00 Chelsea

Watford 16:00 Brighton & Hove Albion

AFC Bournemouth 16:00 Cardiff City

Wolverhampton Wanderers 18:30 Everton

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.