Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die vierde Major van die jaar en tegelyk ook die 100ste Amerikaanse PGA-kampioenskap is op die Bellerive Buiteklub in St. Louis, Missouri, afgehandel. Brooks Koepka het met twee houe gewen en daarmee sy derde Major verower. Tiger Woods (-14) was twee houe agter Koepka in die tweede plek en Adam Scott (-13) het derde geëindig.

1 Brooks Koepka -16
2 Tiger Woods -14
3 Adam Scott -13
4 Stewart Cink -11
Jon Rahm -11
12 Brandon Stone -8
27 Branden Grace -6
31 Dylan Frittelli -5
42 Charl Schwartzel -3 

  • Op die plaaslike front is die Sun Carnival City-uitdaging in Benoni voltooi. JC Ritchie het die toernooi met een hou gewen.

1 JC Ritchie -8
2 Toto Thimba -7
   Alex Haindl -7
4 Pieter Moolman -6
5 Michael Palmer -5 

Krieket

  • Suid-Afrika het gister in sy laaste van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Colombo gespeel en ʼn groot pak slae gekry. Sri Lanka het op ʼn drafstap met 178 lopies geseëvier. Sri Lanka het eerste gekolf en 299/8 aangeteken. Suid-Afrika is vir slegs 121 lopies uitgeboul. Akila Dananjaya het amok gemaak met sy draaiballe en ses paaltjies vir 29 lopies platgetrek. Hoewel Suid-Afrika die reeks met 3-2 verower het, het hy minder goeie krieket in die laaste twee wedstryde opgedis. Die toer loop môre ten einde wanneer die een T20-wedstryd gespeel word.
  • Die tweede toets van vyf tussen Engeland en Indië is op Lords in Londen gespeel. Indië het 107 in sy eerste beurt aangeteken terwyl Engeland sy eerste beurt gesluit verklaar het op 396/7. Indië kon in sy tweede beurt net 130 lopies aanteken. Engeland wen daarmee die toets met 159 lopies. Engeland het ook die eerste toets gewen en loop nou met 2 – 0 voor in die reeks van vyf toetse.

Swem

  • Die Nasionale Swemkampioenskap van 2018 het gister by die Kingspark swembad in Durban ten einde geloop. Elf swemmers het vir die Wêreldkampioenskap (kortbad) in China gekwalifiseer. Dit sluit in Chad le Clos, Cameron van der Burgh, Zane Waddell, Ryan Coetzee, en Brad Tandy. Onder die vroue is die name van Tatjana Schoenmaker, Emily Visagie, Erin Gallagher en Rebecca Meder. 

Motorwedrenne

  • Die Oostenrykse Moto GP is gister op die Red Bull Ring in Spielberg aangebied. Jorge Lorenzo (Ducati) het eerste oor die eindstreep gejaag met Andrea Dovizioso (Ducati) derde. Die voorloper op die punteleer, Marc Marques (Repsol Honda), was tweede. Cal Crutchlow (Honda) was vierde en nog ʼn Ducati, die van Danilo Petrucci, vyfde. 

Tennis

  • By die Toronto-meesters is die eindstryd gister afgehandel. (4) Kevin Anderson van Suid-Afrika was in die halfeind deur Stefanos Tsitsipas uitgeskakel. In die eindstryd het Rafael Nadal op sy beurt teen Tsitsipas gespeel en gemaklik gewen. Die telling was 6-2 en 7-6 in Nadal se guns.
  • In die dubbelspel het Raven Klaasen en Michael Venus in die eindstryd pak gekry. Hulle is in drie stelle deur Henri Kontinen en John Peers geklop. 
  • By die Rogersbeker vir vroue het Simona Halep in die eindstryd met Sloan Stephens in drie stelle afgereken. Die telling was 7-6, 3-6 en 6-4. 

Rugby

  • Die WP het Saterdag nege drieë gedruk in hul vriendskaplike wedstryd teen die Franse klubspan, Narbonne. Die WP het met 59-14 gewen. 
  • Die SA-Skolespan het sy wedstryd in die Internasionale o.-18-reeks teen Wallis (by Boland Landbou) met 43 – 40 gewen. 

Sokker

  • Die Engelse Premierliga se seisoen het dié naweek afgeskop.

Southampton 0 – 0 Burnley
Liverpool 4 – 0 West Ham United
Wolverhampton Wanderers 2 – 2 Everton
Huddersfield Town 0 – 3 Chelsea
AFC Bournemouth 2 – 0 Cardiff City
Watford 2 – 0 Brighton & Hove Albion
Fulham 0 – 2 Crystal Palace
Newcastle United 1 – 2 Tottenham Hotspur
Manchester United 2 – 1 Leicester City

  • In die MTN8-reeks in Suid-Afrika is die vier kwarteindstryde dié naweek beslis.

Maritzburg United 0 – 1 Cape Town City
Orlando Pirates (3) 2 – 2 (4) SuperSport United (doeluitskietstryd)
Kaizer Chiefs 3 – 0 Free State Stars
Mamelodi Sundowns 2 – 0 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.