Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Rugbykampioenskap van 2018 skop môre af. Die Springbokspan wat om 17:05 teen Argentinië in Durban speel is bekend gemaak. Vier voorspelers is ná hul beserings terug in die span. Hulle is Malcolm Marx, Eben Etzebeth, Francois Louw en Warren Whiteley. Die senterpaar is André Esterhuizen en Lukhanyo Am. Twee nuwelinge, Damian Willemse en Marco van Staden, is op die bank ingesluit. Die skeidsregter vir die kragmeting is Ben O’Keeffe van Nieu Seeland.

Die Bokspan:

15 Willie le Roux, 14 Makazole Mapimpi, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handre Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Siya Kolisi (kaptein), 6 Francois Louw, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira.

Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Thomas du Toit, 19 Marvin Orie, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Lionel Mapoe, 23 Damian Willemse.

  • In die ander wedstryd om 11:45 môre-oggend speel Australië teen Nieu-Seeland. (13) Reece Hodge en (12) Kurtley Beale sal as die senterkombinasie vir die Wallabies uitdraf.
  • In die Curriebekerreeks speel die Pumas vanmiddag om 17:00 teen Griekwas in Mbombela. Die Vrystaat speel om 19:00 vanaand teen die Blou Bulle in Bloemfontein.
  • Die WP is in hul opwarmingswedstryd deur Montepellier met 26 – 7 afgestof.
  • Die Suid-Afrikaanse Skolespan speel môre op Nuweland in Kaapstad teen Engeland in die Internasionale Onder-18 Rugbytoernooi. Frankryk en Wallis pak mekaar in die ander wedstryd. 

Krieket

  • Die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië begin môre op Trent Bridge. Engeland moet nog besluit of Ben Stokes sy terugkeer na die span sal maak na sy hofsaak wat hy gewen het. Engeland het die tweede toets verlede week met ʼn beurt en 159 lopies gewen. 

Tennis

  • By die Cincinnati Meesters het reën spel gister ontwrig en verskeie wedstryde sal vandag afgehandel moet word. Daar was oorwinnings vir (4) Juan Martin del Potro, (15) Nick Kyrgios asook (13) Pablo Carreño Busta.
  • In die dubbelspel vir mans het Raven Klaasen en Michael Venus in die ronde van 16 pak gekry.
  • In die Vroue-enkelspel het Madison Keys vir (4) Angelique Kerber in drie stelle uitgeskakel. (1) Simona Halep het drie stelle nodig gehad om na die ronde van 16 deur te dring. 

Gholf

  • In die Sonskyn-reeks is die eerste ronde van die Vodacom-toernooi op die Zebula Gholf Landgoed in Limpopo afgehandel.

1 Colin Nel -8
2 Neil Schietekat -7
3 JC Ritchie -6
4 Alex Haindl -6

 

  • Op die Europese-toer het die Nordea Meesters gister in Swede begin.

1 Clément Sordet -8
2 Lee Slattery -6
3 Scott Jamieson -6
4 Tapio Pulkkanen -5
5 Richard Green -5
6 Christofer Blomstrand -5
7 Hunter Stewart -5

8 Thomas Aiken -4 

  • In Amerika is die Wyndham Kampioenskap se eerste ronde in Greensboro voltooi. Brad Snedeker het slegs die negende speler in PGA geskiedenis geword om ʼn ronde van 59 te speel.

1 Brandt Snedeker -11
2 Ryan Moore -7
3 John Oda -7
4 Martin Flores -6
5 D.A. Points -6
6 Brett Stegmaier -6 F
7 David Hearn -6
8 Abraham Ancer -6
9 Ollie Schniederjans -6
10 Jonathan Byrd -6
11 Tyrone Van Aswegen -2
12 Ernie Els -2 

Motorwedrenne

  • Carlos Sainz sal aanstaande jaar vir Fernando Alonso by McLaren Alonso het vroeër die week sy uittrede uit Formule Een aangekondig. Sainz jaag op die oomblik vir Renault. 

Hokkie

  • Die CTM Premierliga in Randburg is gister voortgesit.

Mans uitslae:

iWYZE Golden Gate Gladiators 3 – 1 Origins Maropeng Cavemen
Garden Route Gazelles 2 – 4  Pro-Grip Drakensberg Dragons

Vroue uitslae:

Private Property St Lucia Lakers 1 – 0 Ceramic Industries Wineland Wings
TopT Madikwe Rangers 4 – 1 iWYZE Namaqualand Daisies
Tivoli Blyde River Bunters 2 – 0 Italtile Orange River Rafters

Sokker

  • In die plaalike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel. Maritzburg United speel om 20:00 teen Kaizer Chiefs.
  • In die Engelse Premierliga word daar môre ses wedstryde afgehandel.

Cardiff City 13:30 Newcastle United
Tottenham Hotspur 16:00 Fulham
Everton 16:00 Southampton
West Ham United 16:00 AFC Bournemouth
Leicester City 16:00 Wolverhampton Wanderers
Chelsea 18:30 Arsenal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.