Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Rugbykampioenskap van 2018 het Saterdag afgeskop. Die Springbokspan het teen Argentinië in Durban gespeel en met 34 – 21 geseëvier. Aphiwe Dyantyi het twee drieë gedruk en is as speler van die wedstryd aangewys. Rassie Erasmus het intussen sy groep bekend gemaak wat dié week na Argentinië reis vir die volgende wedstryd. Onder die voorspelers sal Jean-Luc du Preez, Sikhumbuzo Notshe en Marvin Orie tuisbly. Onder die agterspelers bly Ross Cronje, Jesse Kriel en Lwazi Mvovo ook by die huis. Die Bokke vlieg vandag na Argentinië.
  • In die ander wedstryd Saterdag het Australië teen Nieu-Seeland in Sydney gespeel en Nieu-Seeland was baas met 38 – 13.
  • In die Curriebekerreeks is twee wedstryde afgehandel. Die Bulls het die Vrystaat in Bloemfontein met 34 – 12 geklop. Die Pumas het op hul beurt met Griekwas in Mbombela klaargespeel. Die telling was 42 – 19.
  • Intussen het Namibië die naweek vir aanstaande jaar se Wêreldbeker in Japan gekwalifiseer.
  • Die Suid-Afrikaanse Skolespan het Engeland in die Internasionale o.18-Rugbytoernooi in die Kaap met 41 – 22 afgeransel. Frankryk en Wallis het mekaar in die ander wedstryd gepak en Frankryk het met 52-7 geseëvier. 

Krieket

  • Die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië het Saterdag op Trent Bridge begin. Indië het eerste gekolf en 345 lopies in hul eerste beurt aangeteken. Engeland is vir net 161 uitgeboul. Hardik Pandya het 5 paaltjies platgetrek. Aan die einde van dag twee was Indië op 124/2 (31 boulbeurte) wat aan hulle ’n totale voorsprong van 292 lopies gee met nog 8 paaltjies staande. 

Tennis

  • By die Cincinnati Meesters is die eindstryde gister afgehandel. In die mansenkelspel het (10) Novak Djokovic vir (2) Roger Federer met 6-4 en 6-4 geklop om as kampioen gekroon te word.
  • In die Vroue-enkelspel is (1) Simona Halep deur die ongekeurde Kiki Bertens in drie stelle geklop. Die telling was 2-6, 7-6 en 6-2. 

Gholf

  • In die Sonskyn-reeks is die Vodacom-toernooi op die Zebula Gholflandgoed in Limpopo afgehandel.

1 Zander Lombard -10
2 Jake Roos -10
3 JC Ritchie -9
   Jaco Prinsloo -9 

  • Op die Europese toer het die Nordea Meesters gister in Swede ten einde geloop. Suid-Afrika se Thomas Aiken het tweede geëindig.

1 Paul Waring -14 (valbylstryd)
2 Thomas Aiken -14
3 Maximilian Kieffer -13
4 Thorbjørn Olesen -12
5 Lucas Herbert -11
6 Haydn Porteous -9 

  • In Amerika is die Wyndham Kampioenskap in Greensboro voltooi.

1 Brandt Snedeker -21
2 Webb Simpson -18
C.T. Pan -18
4 Jim Furyk -17
D.A. Points -17

Atletiek

  • Die twaalfde Diamantliga-byeenkoms is Saterdag in Birmingham afgehandel. Dit was die derde laaste byeenkoms in die 2018-reeks. In die verspring vir mans het Luvo Manyonga gemaklik geseëvier met ʼn sprong van 8,53 m. 
  • Irvette van Zyl het die Spar Vroue-wedloop van 10 km in Pietermaritzburg gister gewen. Haar wentyd was 34 minute en 26 sekondes.

Hokkie

  • Die CTM Premierliga in Randburg is gister voortgesit.

Mans-uitslae:

Garden Route Gazelles 3 – 1 Kilimanjaro Addo Elephants
Pro-Grip Drakensberg Dragons 3 – 2 Elf Laminates Mapungubwe Mambas

Vroue-uitslae:

TopT Madikwe Rangers 3 – 1 Ceramic Industries Wineland Wings
Italtile Orange River Rafters 1 – 0 iWYZE Namaqualand Daisies
Tivoli Blyde River Bunters 2 – 0 Private Property St Lucia Lakers

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is daar Saterdag vier wedstryde gespeel.

Chippa United 2 – 2 Black Leopards
Bidvest Wits 0 – 1 SuperSport United
Cape Town City 0 – 0 Golden Arrows
Polokwane City 2 – 0 Baroka

  • In die Engelse Premierliga is drie wedstryde gister afgehandel.

Manchester City 6 – 1 Huddersfield Town
Burnley 1 – 3 Watford
Brighton & Hove Albion 3 – 2 Manchester United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.