Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die tweede ronde van die Rugbykampioenskap word Saterdag afgehandel. Suid-Afrika speel in Argentinië teen die Argentyne terwyl Australië teen Nieu-Seeland in Auckland speel. Die All Blacks se senter, Ryan Crotty, en vleuel, Rieko Ioane, is beide beseer en sal komende naweek se wedstryd misloop. Sonny Bill Williams sukkel ook met ʼn besering. Die heelagter van die Aussies, Israel Folau, sal ook op die kantlyn wees as gevolg van ʼn enkelbesering. Al die kaartjies vir hierdie kragmeting Saterdag op Eden Park in Auckland is reeds uitverkoop.
  • Die All Blacks beklee die eerste plek op die Rugbykampioenskap se punteleer (punteverskil in hakies).

1 Nieu-Seeland 5 (25)
2 Suid-Afrika 5 (13)
3 Argentinië 0 (-13)
4 Australië 0 (-25)

  • Die Southern Kings sal voortaan as die Isuzu Southern Kings aan die Pro14-kampioenskap deelneem. Die borgskap strek oor drie jaar en die Kings speel hul eerste wedstryd op 31 Augustus teen die Italiaanse span, Zebre, in Parma.
  • Die Cheetahs se losskakel, Fred Zeilinga, het gisteraand die Goue stewel-toekenning tydens die Pro14-toekennings in Glasgow ontvang.

Krieket

  • Die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië het gister sy derde dag op Trent Bridge beleef. Indië het goed gekolf en hul tweede beurt op 352/7 gesluit verklaar. Virat Kholi het sy 23ste honderdtal (103 van 197 balle) in ʼn toets behaal. Dit het aan Engeland die taak gestel om 521 lopies vir ʼn oorwinning aan te teken. Engeland, wat vir net 161 in hul eerste beurt uitgehaal is, was teen uitskeityd op 23/0 (9 boulbeurte). Dit laat Engeland met nog 498 lopies agter met 10 paaltjies staande in hul tweede beurt. 
  • Dale Steyn, wat tans vir Hampshire speel, het die veld in sy 11de boulbeurt tydens ʼn Graafskap-wedstryd verlaat. Steyn sukkel die laaste paar jaar gereeld met beserings. 

Motorwedrenne

  • Beide die Formule Een- asook Moto GP-reeks keer dié week terug na die baan ná ʼn blaaskans. Die Belgiese Formule Een Grand Prix en die Britse Moto GP word beide Sondag afgehandel. 
  • Die Fransman Pierre Gasly sal aanstaande jaar vir Daniel Ricciardo by Red Bull vervang.

 Tennis

  • Ná die Cincinnati Meesters is Rafael Nadal steeds die voorste speler in die wêreld.

1 Rafael Nadal
2 Roger Federer
3 Juan Martin Del Potro
4 Alexander Zverev
5 Kevin Anderson
6 Novak Djokovic

  • In die Vroue-enkelspel is Simona Halep steeds eerste op die ranglys.

1 Somona Halep
2 Caroline Wozniacki
3 Sloan Stephens
4 Angelique Kerber 

  • Die Suid-Afrikaanse Vroue-rolstoltennisspeler Mariska Venter het saam met haar spanmaat, Emmanuelle Morch, die dubbelspeltitel by die Ath Ope in België verower. 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys het Brandt Snedeker van 88ste tot 50ste verbeter ná sy oorwinning in Amerika.

1 Dustin Johnson
2 Brooks Koepka
3 Justin Thomas
4 Justin Rose
5 Jon Rahm
35 Louis Oosthuizen
37 Branden Grace 

  • In die Sonskynreeks begin die Wildekus-uitdaging môre.

Hokkie

  • Ná die naweek se laaste groepwedstryde in die CTM Premierliga in Randburg sal die topvier-spanne in die halfeind kragte meet. Al die spanne het vyf wedstryde gespeel en die finale punteleer lyk só:

Mans

1        Pro-Grip Drakensberg Dragons 13
2        Kilimanjaro Addo Elephants 12
3        Garden Route Gazelles 10
4        Origins Maropeng Cavemen 7
5        iWYZE Golden Gate Gladiators 4
6        Elf Laminates Mapungubwe Mambas 3

Vroue

1        Italtile Orange River Rafters 15
2        Tivoli Blyde River Bunters 12
3        Private Property St Lucia Lakers 9
4        TopT Madikwe Rangers 7
5        iWYZE Namaqualand Daisies 3
6        Ceramic Industries Wineland Wings 2

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is Wits en Bloemfontein Celtic drie punte voor die ander spanne.

1   Bidvest Wits 9
2   Bloemfontein Celtic 9
3   AmaZulu FC 6
4   SuperSport United 6
5   Black Leopards 5

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister afgehandel.

Crystal Palace 0 – 2 Liverpool

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.