Vandag se sportnuus

Rugby

  • Saterdag se twee wedstryde in die Rugbykampioenskap word onderskeidelik vroegoggend en laataand gespeel. Die wedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië in Auckland begin om 09:35.
  • Australië se Angus Gardner sal die skeidsregter wees in Saterdag se Rugbykampioenskaptoets tussen Argentinië en Suid-Afrika in Die wedstryd begin om 21:10.
  • Ná die naweek se wedstryd in Durban is die Bokke steeds sesde op die Wêreldranglys.
  1. Nieu-Seeland 94.52
  2. Ierland 90.12
  3. Wallis 85.94
  4. Engeland 85.68
  5. Australië 83.96
  6. Suid-Afrika 83.32
  7. Skotland 83.02
  8. Frankryk 79.10
  9. Fidji 76.54
  10. Argentinië 75.55
  • Die Curriebekerreeks word Vrydag voortgesit met een wedstryd wat gespeel word. Saterdag word daar twee afgehandel.

Vrydag

Goue Leeus 19:00 Griekwas

Saterdag

Haaie 15:00 Blou Bulle
WP 17:15 Vrystaat

Krieket

  • Die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië het gister sy vierde dag op Trent Bridge beleef. Engeland moet in sy tweede beurt 521 aanteken vir ʼn oorwinning. Gisteroggend het dié span voortgekolf op 23/0 (nege boulbeurte) maar het vroeg reeds vier paaltjies verloor. Ben Stokes met 62 en Jos Buttler met 106 het egter vasgebyt. Die nuwe bal het laat in die dag egter daarvoor gesorg dat Engeland die dag op 311/9 afgesluit het. Jasprit Bumrah het vyf paaltjies vir 85 geneem. Engeland is nog 210 lopies agter met net een paaltjie staande met die laaste dag se spel wat oorbly. 

Motorwedrenne

  • Die Belgiese Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Lewis Hamilton loop tans voor op die punteleer.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 213
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 189
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 146
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 132
5 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118
6 Max Verstappen (Red Bull) 105

  • Die Britse Moto GP word Sondag op Silverstone afgehandel. Marc Marquez loop met 59 punte voor.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 201
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 142
3 Jorge Lorenzo (Ducati Team) 130
4 Andrea Dovizioso (Ducati Team) 129
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 113 

Tennis

  • Die kwalifiseringstoernooi vir die laaste Grand Slam van die jaar, die VSA Ope, het gister begin. Teen die einde van die week sal die 128 spelers uitgedun wees na net 16 wat dan in die hoofloting van die toernooi toegelaat sal word.

Gholf

  • In die Sonskynreeks begin die Wildekus-uitdaging vanoggend.
  • In Europa slaan die spelers môre af in die Tsjeggiese Meesters.
  • Die Amerikaanse PGA spog die week met die Northern Trust Ope wat ook môre begin.

Hokkie

  • Die halfeindstryde in die CTM Premierliga word komende naweek in Randburg gespeel.

Mans

Pro-Grip Drakensberg Dragons teen Origins Maropeng Cavemen
Kilimanjaro Addo Elephants teen Garden Route Gazelles

Vroue

Italtile Orange River Rafters teen TopT Madikwe Rangers
Tivoli Blyde River Bunters teen Private Property St Lucia Lakers

Sokker

  • In die plaalike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

Mamelodi Sundowns 19:30 Highlands Park.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.