Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die spanne vir Saterdag se twee wedstryde in die Rugbykampioenskap sal vandag bekend wees. Die wedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië in Auckland begin Saterdag om 09:35 terwyl Argentinië en Suid-Afrika om 21:10 mekaar pak.
  • In die Curriebekerreeks speel die Goue Leeus môre om 19:00 teen Griekwas. Saterdag word daar twee wedstryde afgehandel: Die Haaie speel om 15:00 teen die Blou Bulle en die WP pak op sy beurt die Vrystaat om 17:15.
  • Die WP sal sonder die dienste van die haker Ramone Samuels en die veelsydige voorspeler Johan du Toit vir die res van die Curriebeker moet klaarkom. Hulle is albei op hul toer in Frankryk beseer.

Krieket

  • Die derde toets van vyf tussen Engeland en Indië het gister sy vyfde dag op Trent Bridge beleef. Engeland was nog 210 lopies agter met net een paaltjie staande in sy tweede beurt toe spel hervat is. Engeland is vroeg vir 317 lopies (104,5 boulbeurte) uitgehaal wat aan Indië ʼn oorwinning van 203 lopies verskaf het. Jasprit Bumrah het vyf paaltjies vir 85 geneem. Virat Kohli is as speler van die wedstryd aangewys. Engeland loop nou met 2 – 1 voor in die reeks van vyf. Die vierde toets begin op 30 Augustus in Southampton. 
  • Die uitsaaier SuperSport het hom onttrek aan die vennootskap met Krieket Suid-Afrika vir die aanbieding van die nuwe Twintig20-toernooi. 

Motorwedrenne

  • Die Belgiese Formule Een Grand Prix word Sondag op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Die oefenrondes begin môre terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word.
  • Die Britse Moto GP word Sondag op Silverstone aangebied. Die hoofwedren word om 14:00 gejaag en voorafgegaan deur die Moto3 om 12:20 en die Moto2 om 15:30. 

Tennis

  • Die kwalifiseringstoernooi vir die laaste Grand Slam van die jaar, die VSA Ope, is tans aan die gang. Die 16 spelers wat deurdring na die hoofloting sal Sondag bekend wees. Die hooftoernooi begin Maandag.

Gholf

  • In die Sonskynreeks het die eerste ronde by die Wildekus-uitdaging gister begin.

1 Victor Lange -5
Martin Rohwer -5
3 Mohammad Rauf Mandhu (ZIM) -4
Ruan Conradie -4
Jaco Prinsloo -4
6 Marc Cayeux (ZIM) -3
Tyrone Ferreira -3

  • In Europa slaan die spelers vandag af in die Tsjeggiese Meesters. Thomas Pieters sal saam met die voormalige Major-kampioen, Padraig Harrington, tydens die eerste twee rondes speel.
  • By die Northern Trust Ope in die Amerikaanse PGA-reeks sal ʼn paar Suid-Afrikaners in aksie wees. Dit sluit in Louis Oosthuizen, Braden Grace, Charl Schwartzel en Rory Sabbatini.

Hokkie

  • Die halfeindstryde in die CTM Premierliga word komende naweek in Randburg gespeel.

Mans

Pro-Grip Drakensberg Dragons teen Origins Maropeng Cavemen
Kilimanjaro Addo Elephants teen Garden Route Gazelles

Vroue

Italtile Orange River Rafters teen TopT Madikwe Rangers
Tivoli Blyde River Bunters teen Private Property St Lucia Lakers

Roei

  • Die Suid-Afrikaanse roeispan, wat uit nege lede bestaan, begin vandag met sy deelname aan die naelry Wêreldkampioenskap in Portugal.

Suid-Afrika se span:

Esti van Tonder (K1 200 m en 500 m K1 en 200 m K2), Kayla de Beer (K2 200 m), Bridgitte Hartley (K1 1000 m en K1 5000 m), Chrisjan Coetzee (K1 200 m en 500 m K4 500 m), Mike Arthur (K4 500 m), David Rodrigues (K4 500 m en K2 200 m), Nick Weeks (K4 500 m en  K2 200 m), Cameron Hudson (K2 1000 m) en Hamish Lovemore (K2 1000 m en K1 5000 m).

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is daar gisteraand een wedstryd gespeel.

Mamelodi Sundowns 0 – 0 Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.