Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokspan vir die Rugbykampioenskapwedstryd môre teen Argentinië toon een verandering aan die beginspan. Franco Mostert sal as slot in Pieter-Steph du Toit se plek uitdraf wat op die bank sal wees. RG Snyman (slot) is op die bank vir Marvin Orie en Wilco Louw (stut) in die plek van Thomas du Toit. Die beginspan het reeds gesamentlik 437 wedstryde vir die Bokke agter die blad. Die agterlyn het net 103 wedstryde gespeel terwyl die voorspelers spog met 334 wedstryde. Die Argentyne het ook net een verandering aan hul span gemaak.
  • Die wedstryd tussen Nieu-Seeland en Australië in Auckland begin môre om 09:35 terwyl Argentinië en Suid-Afrika mekaar om 21:10 pak.
  • In die Curriebekerreeks speel die Goue Leeus vanaand om 19:00 teen Griekwas. Môre word daar twee wedstryde afgehandel. Die Haaie speel om 15:00 teen die Blou Bulle. Die WP pak op sy beurt die Vrystaat om 17:15. Jesse Kriel sal die naweek vir die Bulle uitdraf terwyl Ross Cronje die kaptein van die Leeus sal wees. Die Haaie spog met ses Bokke in hul span.

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die tweede ronde by die Wildekus-uitdaging gister gespeel.

1 Adilson da Silva (BRA) -11
2 Vaughn Groenewald -8
   Jacques Blaauw -8      
   Hennie du Plessis -8   
5 Duane Keun -7  
   Wynand Dingle -7        
   Daniel van Tonder -7
   Francois van Vuuren -7

  • In Europa het die Tsjeggiese Meesters gister begin.

1 Thomas Pieters -8
Gavin Green -8
Callum Tarren -8
John Daly -8
5 Jeff Winther -7
Nacho Elvira -7
Tapio Pulkkanen -7
Andrea Pavan -7
Lee Slattery -7
65 Jacques Kruyswijk -2

  • By die Northern Trust Ope in die Amerikaanse PGA-reeks is die eerste ronde voltooi.

1 Kevin Tway -5
Jamie Lovemark -5
Vaughn Taylor -5
Sean O’Hair -5
49 Branden Grace -1 

Atletiek

  • Caster Semenya het in Pole haar tweede beste tyd van haar loopbaan in die 400 m behaal. Semenya het die wenstreep oorgesteek in 50.06 sekondes.

Motorwedrenne

  • Die Belgiese Formule Een Grand Prix word Sondag op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Die oefenrondes begin vandag.
  • Die Britse Moto GP word Sondag op Silverstone aangebied. Die hoofwedren word om 14:00 gejaag en voorafgegaan deur die Moto3 om 12:20 en die Moto2 later om 15:30.

Tennis

  • Die Amerikaanse Ope begin Maandag op Flashing Meadow in New York. Dit is die laaste Grand Slam van die jaar en word in ʼn splinternuwe stadion aangebied. Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris moet nog een wedstryd wen om vir die toernooi se hoofloting te kwalifiseer.

Olimpiese Spele 

  • Die Internasionale Olimpiese Komitee se president, Thomas Bach, het aangekondig dat die Tokio Spele stadsgebonde sal wees en dat die meeste vroue nóg aan ʼn spele sal deelneem. Die Tokio Spele word in Julie en Augustus 2020 aangebied.

Hokkie

  • Die halfeindstryde in die CTM Premierliga word vandag in Randburg gespeel.

Mans

Pro-Grip Drakensberg Dragons teen Origins Maropeng Cavemen
Kilimanjaro Addo Elephants teen Garden Route Gazelles

Vroue

Italtile Orange River Rafters teen TopT Madikwe Rangers
Tivoli Blyde River Bunters teen Private Property St Lucia Lakers

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre ses wedstryde gespeel.

Wolverhampton Wanderers 13:30 Manchester City
Southampton 16:00 Leicester City

Arsenal 16:00 West Ham United

Huddersfield Town 16:00 Cardiff City

AFC Bournemouth 16:00 Everton

Liverpool 18:30 Brighton & Hove Albion

  • In Suid-Afrika word die eerstebeen-halfeindstryde van die MTN8-kompetisie die naweek afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.