Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke het in die Rugbykampioenskap teen Argentinië gespeel en ʼn groot pak slae op die lyf geloop. Argentinië het die wedstryd oorheers en met 32-19 geseëvier. In die ander wedstryd op Eden Park in Auckland het Nieu-Seeland die Aussies afgeslag en met 40-12 geklop.
  • In die Curriebekerreeks is drie wedstryde gespeel.

WP 32 – 0 Vrystaat
Haaie 26 – 10 Blou Bulle
Leeus 62 – 41 Griekwas

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die Wildekus-uitdaging afgehandel.

1 Hennie Du Plessis -16
Adilson da Silva -16
   Darren Fichardt -16
   Vaughn Groenewald -16
5 Alex Haindl -15 

  • In Europa is die Tsjeggiese Meesters afgehandel.

1 Andrea Pavan -22
2 Padraig Harrington -20
3 Gavin Green -17
4 Lee Slattery -15
Scott Jamieson -15
6 Tom Lewis -14
7 Jacques Kruyswijk -13

  • Die Northern Trust Ope is in die Amerikaanse PGA-reeks voltooi.

1 Bryson DeChambeau -18 F
2 Tony Finau -14
3 Billy Horschel -13
Cameron Smith -13
5 Ryan Palmer -12
Aaron Wise -12
Adam Scott -12
28 Louis Oosthuizen -6 

Motorwedrenne

  • Die Belgiese Formule Een Grand Prix is gister op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Die wedren in België oor 44 rondes is gemaklik deur Sebastian Vettel (Ferrari) gewen. Dit was Vettel se 52ste oorwinning en sy 107de keer op die podium. Lewis Hamilton (Mercedes) het tweede geëindig. Max Verstappen (Red Bull) was derde met Valtteri Bottas (Mercedes) vierde. Force India se Simon Pérez en Esteban Ocon was vyfde en sesde.
  • Die Britse Moto GP is gister op Silverstone deur reën ontwrig en die wedrenne is gekanseleer.

Tennis

  • Die 50ste Amerikaanse Ope begin vandag op Flashing Meadow in New York. In die Mansafdeling sal die eerste gekeurde Rafael Nadal teen David Ferrer speel. Serena Williams sal poog om haar 24ste Grand Slam-titel te verower. Sy speel in die eerste ronde teen Magda Linette (POL). Suid-Afrika se Kevin Anderson sal teen Ryan Harrison (USA) te staan kom.

Roei

  • Die Breederivier Kanomarathon is deur Stu MacLaren en Kenny Rice in 3:34:48 gewen. Gavin White en Loveday Zondi was tweede met Shaun Rubenstein en Jordan Zeelie derde. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister drie wedstryde gespeel.

Fulham 4 – 2 Burnley
Newcastle United 1 – 2 Chelsea
Watford 2 – 1 Crystal Palace

Vanaand speel Manchester United teen Tottenham.

  • In Suid-Afrika is die eerstebeen-halfeindstryde van die MTN8-kompetisie die naweek afgehandel.

SuperSport United 2 – 2 Kaizer Chiefs
Cape Town City 1 – 0 Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willem ·

Ek sien elders Rassie sê hy het hom vir die Bokke (bokke) geskaam. Goeie genade, watter afrigter sê dit?

Paul ·

Willem … joeg, dat ‘n afrigter dit vir sy span in die openbaar kan sê? Hy het dit in effek eintlik van die stadion se dak af met flitsende ligte geskree dat die wêreld dit kan hoor. (Ek verbeel my ek het al voorheen so iets beleef.)

Henk ·

Welgedaan Rassie. Die oorgrote meerderheid van die ondersteuners skaam ons nou al vir 5 jaar vir die bokke se vertonings!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.