Vandag se sportnuus

Tennis

Die 50ste Amerikaanse Ope het op Flashing Meadow in New York begin. Suid-Afrika se (5) Kevin Anderson het teen Ryan Harrison (VSA) te staan kom en Anderson het vyf stelle benodig om na die tweede ronde deur te dring. Lloyd Harris van Suid-Afrika is in die eerste ronde in drie stelle deur Gilles Simon uitgeskakel. (1) Rafael Nadal en (3) Juan Martín del Potro is albei deur na die tweede ronde.

In die vroue-enkelspel het Serena en Venus Williams hul eerste ronde wedstryde gewen. Die eerste gekeurde Simona Halep is egter in die eerste ronde uitgeskakel.

In die dubbelspel is Raven Klaasen en Michael Venus (Nieu-Seeland) agste gekeur vir die toernooi. Hulle speel môre in die ronde van 64 teen Lukáš Lacko en John Millman. 

Rugby

  • Ná die tweede ronde van die Rugbykampioenskap is die All Blacks gemaklik voor op die punteleer. Om die waarheid te sê, hulle spog met volpunte ná twee wedstryde.

1 Nieu-Seeland 10
2 Suid-Afrika 5
3 Argentinië 4
4 Australië 0

  • Intussen het die Bokafrigter, Rassie Erasmus, vir Duane Vermeulen versoek om hom by die Bokke aan te sluit voor hul eerste toets teen die All Blacks op 15 September.
  • Op die jongste rugbyranglys het Skotland by Suid-Afrika verbygeskuif wat die Bokke nou in die sewende plek laat.
  1. Nieu-Seeland 94,52
  2. Ierland 90,12
  3. Wallis 85,94
  4. Engeland 85,68
  5. Australië 83,96
  6. Skotland 83,02
  7. Suid-Afrika 81,84
  8. Frankryk 79,10
  9. Argentinië 77,02
  10. Fidji 76,54
  • In die Curriebekerreeks spog die WP, Pumas, Leeus en Sharks almal met vyf punte op dié leer. Dis ná afloop van een wedstryd.

1 WP 5
2 Pumas 5
3 Leeus 5
4 Haaie 5
5 Blou Bulle 5
6 Griekwas 1
7 Vrystaat 0

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler.

1 Dustin Johnson
2 Brooks Koepka
3 Justin Thomas
4 Justin Rose
5 Jon Rahm
35 Louis Oosthuizen
37 Branden Grace 

Oosthuizen en Grace is die enigste twee Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees by hierdie week se Dell Kampioenskap. Net die top-100 gholfers in die PGA-reeks kwalifiseer vir dié toernooi. 

Motorwedrenne

  • Ná die Belgiese Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton (Mercedes) nou net 17 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari).

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 231
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 214
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 146
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 144
5 Max Verstappen (Red Bull) 120
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118

  • Die Britse Moto GP het uitgereën wat beteken Marc Marquez (Repsol Honda) is steeds gemaklik voor op die punteleer.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 201
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 142
3 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
4 Andrea Dovizioso (Ducati) 129
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 113

Krieket

  • KSA het die krieketprogram vir 2018/19 bekend gemaak.
    • Die meerdagreeks begin op 26 September met ʼn onderbreking tussen 29 Oktober en 19 Desember. Sunfoil het nie hul borgskap van dié reeks hernu nie.
    • Die Momentum Eendag-reeks sal op 8 Februarie begin.
    • Die Ram Slam T20-kompetisie sal op 5 April ʼn aanvang neem.
  • Die vierde krieketoets tussen Engeland en Indië begin Donderdag. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks. 

Hokkie

  • Die CTM Premierliga is die naweek in Randburg afgehandel.
    • In die mansafdeling se eindstryd het die Pro-Grip Drakensberg Dragons ʼn oorwinning van 2 – 0 oor die Kilimanjaro Addo Elephants behaal.
    • Die vroue se kampioene is die Tivoli Blyde River Bunters wat die Top-T Madikwe Rangers met 1 – 0 getroef het. 

Atletiek

  • Die twee finale byeenkomste van die internasionale Diamantliga-reeks word Donderdag en Vrydag aangebied. Dit sal die 13de en 14de byeenkomste van die seisoen wees. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga was daar gister een wedstryd afgehandel.

Manchester United 0 – 3 Tottenham Hotspur

  • In Suid-Afrika word daar vanaand een wedstryd in die Premierliga gespeel.

Black Leopards 19:30 Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.