Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas en Nieu-Seeland het gister in die vierde Eendagkragmeting van die huidige reeks op Seddon Park in Hamilton kragte gemeet.

Die Proteas het eerste gekolf op ʼn stadige blad en 279/8 aangeteken. AB de Villiers was nie uit nie op 72 lopies van 59 balle.

Martin Guptill was die swart pette se ster met 180 lopies nie uit nie en hulle antwoord met 280/3 (45/50 bb). ʼn Oorwinning van 7 paaltjies aan Nieu-Seeland.

Die reekstellings is nou 2 elk met een wedstryd oor wat Saterdag gespeel word.

Plaaslike krieket

Gister het die Knights teen die Dolphins in Bloemfontein gespeel.

Knights          171 (40.1/50 bb)

Dolphins        176/3 (27.3/50 bb)

Dolphins wen met 7 paaltjies (met 135 balle oor).

Môre word daar drie wedstryde gespeel:

sport1

Superrugby

Kom ons loer na die naweek se aksie:

 

sport2 

Sewesrugby

Die Blitsbokke speel komende naweek in die vyfde been van die Wêreldreeks in Las Vegas. Ons speel in die groepfase teen Kanada, Frankryk en Wallis.

Formule Een

Valtteri Bottas het gister in sy Mercedes gewys hy is ʼn goeie plaasvervanger vir die uitgetrede Wêreldkampioen Nico Rosberg. Hy het die vinnigste tyd op dag 3 van die voorseisoen-toetse in Barcelona behaal.

Gholf

Die reëlmakers in gholf, die R&A en VSA se Gholf Assosiasie het verskeie nuwe voorgestelde veranderinge aangekondig. Daar is ook voorgestel dat die reëls van 34 na 24 verminder.

Die Tshwane Ope het vanoggend by die Pretoria Buiteklub begin. Van die spelers wat dopgehou gaan word, is George Coetzee, Jaco van Zyl, Haydn Porteous en Dean Burmester.

In die VSA slaan die spelers later af in die Mexikaanse kampioenskap in Mexico Stad. Suid-Afrika word verteenwoordig deur vyf spelers.

  • Brandon Stone
  • Charl Schwartzel
  • Louis Oosthuizen
  • Branden Grace
  • Richard Sterne

Vrouegholf

Die tweede ronde van die Sonskynreeks vir Vroue se Sun International-toernooi is by Lost City voltooi.

 sport3

Tennis

By die Dubai Ope Tenniskampioenskap het die vyfde gekeurde Thomas Berdych pak gekry en Roger Federer is ook uitgeskakel. Die eerste gekeurde Andy Murray het egter vir García-López geklop.

Sokker

In gisteraand se FA-beker is een wedstryd gespeel. Manchester City het die kwarteindronde gehaal deur Huddersfield Town maklik met 5-1 te troef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.