Vandag se sportnuus

Tennis

Die 50ste Amerikaanse Ope het op Flashing Meadow in New York sy tweede dag beleef. Die spelers moes gister in versengende hitte op die baan stap.

In die mansenkelspel was daar eersteronde-oorwinnings vir (2) Roger  Federer, (4) Alexander Zverev asook (6) Novak Djokovic. Vandag speel Suid-Afrika se (5) Kevin Anderson teen Jérémy Chardy in die tweede ronde.

In die vroue-enkelspel het (2) Caroline Wozniacki en (4) Angelique Kerber ook die tweede ronde bereik.

In die dubbelspel sal (8) Raven Klaasen en Michael Venus vandag in die ronde van 64 teen Lukáš Lacko en John Millman te staan kom. 

Atletiek

  • Die twee finale byeenkomste van die Internasionale Diamantliga-reeks word môre en Vrydag (30 en 31 Augustus) aangebied. Dit sal die 13de en 14de byeenkomste van die seisoen wees en word onderskeidelik in Zürich en Brussel gehou. Die room van die wêreld se atlete sal mekaar die stryd aansê. Sewe Suid-Afrikaners sal by die twee byeenkomste aantree. 

Rugby

  • SA Rugby het gister tydens ʼn voorlegging in die parlement aangedui dat hy ʼn verlies van R62 miljoen in die 2017-boekjaar gely het. Die grootste redes word gegee as die mislukte 2023-Wêreldbekerbod asook die Cheetahs en Kings se bekendstelling tot die Pro14-kompetisie.
  • In die Curriebeker-reeks word daar dié naweek drie wedstryde gespeel.

Vrydag

Pumas 18:30 WP

Saterdag

Vrystaat 14:00 Haaie
Bulle 16:05 Leeus

Pro14

  • Die Cheetahs begin hul Pro14-seisoen met komende naweek se wedstryd teen Munster in Ierland. Op 8 September speel hulle in hul tweede wedstryd teen Ospreys in Wallis.

Gholf

  • Die Dell Technologies Kampioenskap begin môre wanneer die top-100 spelers in die PGA-reeks mekaar takel. Die toernooi word in Boston, Massachusetts, gespeel. Louis Oosthuizen en Branden Grace is die enigste twee Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees.
  • Op die Europese toer begin die Deense Ope ook môre. Tien Suid-Afrikaners sal in die toernooi afslaan. Dit sluit in Erik van Rooyen, Richard Sterne en Dean Burmester.
  • Op die Sonskyntoer is die aksie in Selborne waar die Vodacomtoernooi môre begin.

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix word komende Sondag op Monza afgehandel. Sebastian Vettel het die afgelope naweek stof in die oë van die voorloper op die punteleer, Lewis Hamilton, geskop. 

Krieket

  • Die vierde kriekettoets tussen Engeland en Indië begin môre op die Rose Bowl in Southampton. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks. Jonny Bairstow het sy vinger in die derde toets gebreek, maar hy is positief dat hy in die vierde toets weer as paaltjiewagter sal uitstap. 

Sokker

  • In Suid-Afrika is daar gisteraand een wedstryd in die Premierliga gespeel.

Black Leopards 1 – 2 Orlando Pirates

  • Vanaand word daar ses wedstryde gespeel.

Bidvest Wits 19:30 AmaZulu
Golden Arrows 19:30 Polokwane City
SuperSport United 19:30 Chippa United
Free State Stars 19:30 Cape Town City FC
Baroka 19:30 Highlands Park
Kaizer Chiefs 19:30 Bloem Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.