Vandag se sportnuus

Tennis

Die 50ste Amerikaanse Ope het op Flashing Meadow in New York sy derde dag beleef.

In die mansenkelspel was daar tweede ronde-oorwinnings vir (9) Dominique Thiem asook (11) John Isner.

Suid-Afrika se (5) Kevin Anderson het teen Jérémy Chardy in die tweede ronde gespeel en Anderson het in drie stelle geseëvier. Die telling was 6-2, 6-4 en 6-4.

Andy Murray is deur (31) Fernando Verdasco uitgeskakel.

In die vroue-enkelspel het (3) Sloane Stephens asook die twee Williams- susters die derde ronde bereik.

In die dubbelspel het (8) Raven Klaasen en Michael Venus in die ronde van 64 teen Lukáš Lacko en John Millman te staan gekom en met 6-2 en 6-2 geseëvier. 

Atletiek

  • Die twee finale byeenkomste van die Internasionale Diamandliga-reeks word vandag en môre aangebied. Verskillende items sal by die twee finale aangebied word wat die wenners in elke item vir die reeks sal bepaal. Die wenner van elke item ontvang $50 000 en ʼn diamant-trofee. Vanaand in Zürich sal ses Suid-Afrikaners in aksie wees. Dit sluit Caster Semenya in die 800 m in en Luvo Manyonga (8,58 m) en Ruswahl Sanaai (8,42 m) in die verspring vir mans. 

Rugby

  • Die Goue Leeus Rugby-Unie het aangekondig dat hul president, Kevin de Klerk, gaan uittree. De Klerk was vir 50 jaar betrokke by dié unie. Hy het as o.20-speler in 1968 betrokke geraak en het 107 wedstryde vir Transvaal gespeel. Hy was sedert 2000 as president en direkteur betrokke. 
  • In die Curriebeker-reeks word daar dié naweek drie wedstryde gespeel.

Vrydag

Pumas 18:30 WP 

Saterdag

Vrystaat 14:00 Haaie
Bulle 16:05 Leeus

Pro14

  • Die Kings begin hul PRO14-seisoen Vrydag en die Cheetahs speel Saterdag in hul eerste wedstryd.

Vrydag

Cardiff Blues 20:35 Leinster
Ospreys 20:35 Edinburgh
Zebre 20:35 Kings

Saterdag

Connacht 16:00 Glasgow Warriors
Munster 18:15 Cheetahs
Ulster 18:15 Llanelli Scarlets
Dragons 20:35 Benetton Treviso 

Gholf

  • Die Dell Technologies-kampioenskap begin vandag met die top-100 spelers in die PGA-reeks wat in Boston sal afslaan. Verlede week se wenner, Bryson DeChambeau, is die huidige voorloper in die Fedex-beker.
  • In die Europese toer begin die Deense Ope ook vanoggend. Tien Suid-Afrikaners sal in die toernooi afslaan. Die eerste spelers is om 07:30 op die bof. Dit sluit Suid-Afrika se Jacques Kruyswijk in. Die volgende Suid-Afrikaner is Thomas Aiken wat om 07:50 sal afslaan.
  • In die Sonskyntoer is die aksie in Selborne waar die Vodacomtoernooi vanoggend begin. Op die meriete-ordelys is Justin Harding (RSA) tans die voorloper. Daniel van Tonder (RSA) is tweede en Alex Haindl derde.

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix word Sondag op Monza afgehandel. Die oefenrondes begin môre en die kwalifisering, wat die wegspringrooster sal bepaal, sal Saterdag afgehandel word. 

Krieket

  • Die vierde krieketoets tussen Engeland en Indië begin vanoggend om 11:00 in Southampton. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks. Die snelbouler, James Anderson (met 557 paaltjies) benodig nog ses paaltjies om die snelbouler met die meeste paaltjies in die geskiedenis van toetskrieket te word. Die huidige rekord word deur Glenn McGrath (563 paaltjies) van Australië gehou. Intussen is Moeen Ali en Sam Curran weer ingesluit in Engeland se span en Jos Buttler sal paaltjiewagter speel. 

Sokker

  • In Suid-Afrika is daar gisteraand ses wedstryde in die Premierliga

Bidvest Wits 3 – 0 AmaZulu
SuperSport United 2 – 1 Chippa United
Golden Arrows 1 – 1 Polokwane City
Free State Stars 2 – 2 Cape Town City
Baroka 1 – 1 Highlands Park
Kaizer Chiefs 2 – 2 Bloem Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.