Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die eerste van twee finale byeenkomste in die Internasionale Diamantliga-reeks is gisteraand in Zürich aangebied. Die reekswenner van elke item ontvang $50 000 en ʼn diamant-trofee. Die Suid-Afrikaners Caster Semenya (800 m) en Luvo Manyonga (verspring) het beide gisteraand eerste geëindig in hul items en is as reekswenners aangewys. Ruswahl Samaai het ʼn tweede plek in die verspring behaal. 
  • Die aksie verskuif vanaand na Brussel vir die 14de en laaste Diamantliga-byeenkoms. Akani Simbine sal in die 100 m vir mans aantree. Die byeenkoms begin om 18:00 en eindig om 22:00. 

Tennis

Die 50ste Amerikaanse Ope het op Flushing Meadows in New York sy vierde dag beleef.

In die mansenkelspel was daar tweede ronde-oorwinnings vir (1) Rafael Nadal, (2) Roger Federer, (6) Novak Djokovic asook (7) Marin Čilić.

Suid-Afrika se (5) Kevin Anderson sal vandag in die derde ronde teen Denis Shapovalov te staan kom. 

In die vroue-enkelspel het (4) Angelique Kerber en (5) Petra Kvitová ook na die derde ronde deurgedring. Lesia Tsurenko het egter vir (2) Caroline Wozniacki haar tassies laat pak.

In die dubbelspel sal (8) Raven Klaasen en Michael Venus in die ronde van 32 teen Nicolás Jarry en Máximo González op die baan stap. 

Rugby

  • In die Curriebeker-reeks word daar die naweek drie wedstryde gespeel.

Vanaand

Pumas 18:30 WP

Môre

Vrystaat 14:00 Haaie
Bulle 16:05 Leeus

Pro14

  • Die Kings speel vanaand in die Pro14-reeks hul eerste wedstryd terwyl die Cheetahs môre in aksie is.

Vandag

Cardiff Blues 20:35 Leinster
Ospreys 20:35 Edinburgh
Zebre 20:35 Kings

Môre

Connacht 16:00 Glasgow Warriors
Munster 18:15 Cheetahs
Ulster 18:15 Llanelli Scarlets
Dragons 20:35 Benetton Treviso 

Krieket

  • Die vierde kriekettoets tussen Engeland en Indië het gister in Southampton begin. Engeland het eerste gekolf en teen middagete was hulle in die moeilikheid op 57/4. Die telling het daarna gegroei na 86/6 waarna Engeland vasgeskop het en Sam Curran 78 lopies bygedra het om die telling te neem op 246 almal uit. Aan die einde van die dag was Indië op 19 lopies sonder die verlies van ʼn paaltjie. Dit gee aan Indië ʼn agterstand van 227 lopies met nog 10 paaltjies staande. 

Gholf

  • In Amerika begin die Dell Technologies Kampioenskap vandag.

Louis Oosthuizen en Branden Grace sal in aksie wees.

  • Op die Europese toer is die eerste ronde van die Deense Ope afgehandel.

1 Jonathan Thomson -8
2 Hunter Stewart -6
Christiaan Bezuidenhout -6
Brett Rumford -6
Matthew Baldwin -6
Josh Geary -6
Lucas Bjerregaard -6

  • In die Sonskyn-reeks het die Vodacom-toernooi gister op Selborne begin.

1 Neil Schietekat -6
2 Jacques Blaauw -5
   Lindani Ndwandwe -5
   Wynand Dingle -5
5 Andrew Curlewis -4

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix word Sondag op Monza gejaag. Die wedren se wegtrek is om 15:10. Op die punteleer is Lewis Hamilton (Mercedes) nou net 17 punte voor sy naaste teenstander.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 231
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 214
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 146
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 144
5 Max Verstappen (Red Bull) 120
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre vier wedstryde gespeel.

Leicester City 13:30 Liverpool
Crystal Palace 16:00 Southampton
Chelsea 16:00 AFC Bournemouth
Everton 16:00 Huddersfield Town
Brighton & Hove Albion 16:00 Fulham
West Ham United 16:00 Wolverhampton Wanderers
Manchester City 18:30 Newcastle United

  • In Suid-Afrika word die tweede been halfeindstryde van die MTN8-kompetsie gespeel.

Saterdag

Kaizer Chiefs 20:15 SuperSport United

Sondag

Mamelodi Sundowns 15:00 Cape Town City FC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.