Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die twee finale byeenkomste in die Internasionale Diamantliga-reeks is die naweek aangebied. Die reekswenner van elke item het $50 000 en ʼn diamant-trofee ontvang. Die Suid-Afrikaners Caster Semenya (800 m) en Luvo Manyonga (verspring) is albei as reekswenners in hul items aangewys. 

Tennis

  • Die 50ste Amerikaanse Ope op Flashing Meadow in New York se eerste week is afgehandel.

In die mansenkelspel was daar oorwinnings in die vierde ronde vir (1) Rafael Nadal, (3) Juan Martín del Potro en (11) John Isner.

(5) Kevin Anderson het gister teen (9) Dominic Thiem te staan gekom om sy plek in die kwarteind te probeer bespreek. Thiem het egter in drie skoon stelle geseëvier. Die telling was 7-5, 6-2 en 7-6. 

In die vroue-enkelspel het (3) Sloan Stephens, (8) Karolina Plíšková en (17) Serena Williams na die kwarteind deurgedring.

In die dubbelspel het (8) Raven Klaasen en Michael Venus in die ronde van 32 pak gekry. Hulle is in twee stelle deur Nicolás Jarry en Máximo González uitgeskakel. 

Rugby

  • In die Curriebeker-reeks is daar die naweek drie wedstryde afgehandel.

Pumas 28 – 57 WP
Vrystaat 29 – 33 Haaie
Bulle 35 – 38 Leeus

Pro14

  • In die Pro14-reeks is sewe wedstryde afgehandel.

Cardiff Blues 32 – 33 Leinster
Ospreys 17 – 13 Edinburgh
Zebre 34 – 16 Kings
Connacht 26 – 27 Glasgow Warriors
Munster 38 – 0 Cheetahs
Ulster 15 – 13 Llanelli Scarlets
Dragons 17 – 21 Benetton Treviso 

  • Intussen is Cheslin Kolbe in die Springbokgroep ingesluit vir hul twee wedstryde in Australasië. Die Bokgroep bestaan uit 31 spelers en hulle sal teen Australië en Nieu-Seeland in die Rugbykampioenskap speel.

Motorwedrenne

  • Die Italiaanse Formule Een Grand Prix (die 14de van die seisoen) is gister op Monza gejaag. Die wedren is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Kimi Räikkönen (Ferrari) tweede en Valtteri Bottas (Mercedes) derde. Sebastian Vettel (Ferrari) was vierde en Max Verstappen (Red Bull) het vyfde oor die eindstreep gejaag. 

Krieket

  • Die vierde kriekettoets tussen Engeland en Indië het gister op dag vier ten einde geloop. Indië moes 245 lopies in hul tweede beurt aanteken vir ʼn oorwinning nadat Engeland vir 271 in hul tweede beurt uitgehaal is. Indië is egter vir 184 lopies uitgeboul. Dit het aan Engeland ʼn 60-lopie-oorwinning gegee. Daarmee het Engeland die reeks met 3-1 gewen met net een toets wat oorbly. 

Gholf

  • In Amerika is die derde ronde van die Dell Technologies Kampioenskap afgehandel.

1 Abraham Ancer -13
2 Bryson DeChambeau -12
2 Tyrrell Hatton -12
4 Cameron Smith -11
4 Justin Rose -11
40 Louis Oosthuizen -3

  • Op die Europese toer is die Deense Ope deur Matt Wallace gewen nadat hy die valbylstryd teen drie ander spelers gewen het.

1 Matt Wallace -19
2 Jonathan Thomson -19
Lee Westwood -19
Steven Brown -19
5 Erik van Rooyen -18

  • In die Sonskyn-reeks het die Vodacomtoernooi op Selborne ten einde geloop.

1 Peter Karmis -14
2 Garth Mulroy -10
Neil Schietekat -10
Jacques Blaauw -10
5 Ruan Conradie -9
Alex Haindl -9

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister drie wedstryde gespeel.

Burnley 0 – 2 Man United
Watford 2 – 1 Tottenham
Cardiff City 2 – 3 Arsenal

  • In Suid-Afrika is die tweedebeen-halfeindstryde van die MTN8-kompetisie gespeel.

Saterdag

Kaizer Chiefs 0 – 1 SuperSport United

Sondag

Mamelodi Sundowns (2) 1 – 0 (4) Cape Town City FC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.