Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Amerikaanse Ope op Flashing Meadow in New York is die vierde ronde afgehandel.

In die mansenkelspel was daar oorwinnings vir (3) Juan Martin del Potro, (6) Novak Djokovic, (7) Marin Čilić asook (21) Kei Nishikori.

In die vroue-enkelspel het (3) Sloan Stephens en (14) Madison Keys ook na die kwarteind deurgedring.

Rugby

  • In die Curriebeker-reeks is daar drie spanne op tien punte nadat hulle elk twee wedstryde gespeel het.
  • WP 10
  • Leeus 10
  • Haaie 10
  • Bulle 7
  • Pumas 6
  • Vrystaat 2
  • Griekwas 1 

Pro14

  • In die Pro14-reeks is daar twee konferensies.

In Konferensie A is Munster, Zebre en die Glasgow Warriors almal op 5 punte.

Die voorlopers in Konferensie B is Leinster wat ook 5 punte het.

  • Die Springbokke speel komende Saterdag in die Rugbykampioenskap teen Australië. Alle aanduidings is dat die Australiese ster van ʼn heelagter, Israel Folau, wel herstel het van sy enkelbesering en teen Suid-Afrika sal kan uitdraf.

Motorwedrenne

  • Ná die Italiaanse Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton (Mercedes) nou 30 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari).

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 256
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 226
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 164
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 159
5 Max Verstappen (Red Bull) 130
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118 

Atletiek

  • Caster Semenya het ʼn nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 1000 m opgestel. Semenya het in Berlyn ʼn tyd van 2:30,70 aangeteken wat die vyfde vinnigste in die geskiedenis is. Verskeie Suid-Afrikaners sal vanaand in Zagreb aan die finale IAAF Wêreld-uitdaagbyeenkoms deelneem. 

Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië begin Vrydag op die Oval in Londen. Engeland het reeds die reeks met 3-1 gewen. Intussen het die voormalige kaptein en die openingskolwer van Engeland, Alistair Cook, bevestig dat hy ná die huidige reeks teen Indië uit internasionale krieket gaan tree. 

Gholf

  • In Amerika is die Dell Technologies Kampioenskap Bryson DeChambeau het net soos verlede week weer as wenner uit die stryd getree.

1 Bryson DeChambeau -16
2 Justin Rose -14
3 Cameron Smith -13
4 Hideki Matsuyama -12
C.T. Pan -12
Tony Finau -12
31 Louis Oosthuizen -6
43 Branden Grace -4

Netbal

  • In die Varsity-reeks is die Kovsies en die Pukke die enigste twee onoorwonne spanne ná gisteraand se wedstryde. Die eindstryd van die kompetisie word op 8 Oktober gespeel. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is drie spanne op 12 punte ná 4 wedstryde.

1 Liverpool 12
2 Chelsea 12
3 Watford 12
4 Manchester City 10
5 Tottenham Hotspur 9
6 AFC Bournemouth 7
7 Everton 6
8 Leicester City 6
9 Arsenal 6
10 Manchester United 6

  • In Suid-Afrika word die eindstryd van die MTN8-kompetsie op 28 September tussen die spanne van SuperSport United en Cape Town City gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.