Vandag se sportnuus

Tennis

  • By die Amerikaanse Ope op Flashing Meadow in New York het die kwarteindwedstryde gister begin.

In die mansenkelspel was daar oorwinnings vir (3) Juan Martin del Potro wat John Isner in vier stelle geklop het. Rafael Nadal was vanoggend nog hard aan die spook in sy wedstryd teen (9) Dominic Thiem. Vandag speel (6) Novak Djokovic teen John Millman en (7) Marin Čilić teen (21) Kei Nishikori.

In die vroue-enkelspel het (17) Serena Williams na die halfeind deurgedring met ʼn oorwinning van 6-4 en 6-3 oor (8) Karolina Plíšková. (19) Anastasija Sevastova het op haar beurt met (3) Sloan Stephens afgereken.

Rugby

  • Die Springbokke speel komende Saterdag in die Rugbykampioenskap teen Australië. Rassie Erasmus sal môre sy span bekend maak.

Saterdag

Nieu-Seeland 09:35 Argentinië
Australië 12:00 Suid-Afrika 

Curriebeker-reeks

  • Komende naweek word daar drie wedstryde gespeel.

Vrydag

Haaie 19:00 Pumas

Saterdag

Griekwas 14:15 Blou Bulle
Leeus 16:20 Vrystaat 

Pro14

  • In die Pro14-reeks word daar Saterdag vyf wedstryde afgehandel.

Dragons 16:00 Kings
Connacht 18:15 Zebre
Ospreys 18:30 Cheetahs
Llanelli Scarlets 20:35 Leinster
Benetton Treviso 20:35 Cardiff Blues

Motorwedrenne

  • Die aandag verskuif dié week na die San Marino Moto GP wat Sondag gejaag word. Marc Marquez is tans gemaklik voor op die punteleer.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 201
2 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 142
3 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
4 Andrea Dovizioso (Ducati) 129
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 113 

Atletiek

  • Verskeie Suid-Afrikaners het gisteraand in Zagreb aan die finale IAAF Wêrelduitdaagbyeenkoms deelgeneem. Luvo Manyonga het die verspring gemaklik met ʼn sprong van 8.46 m gewen. Zarc Visser was vyfde. Ncincilili Titi het derde in die 200 m geëindig terwyl Wenda Nel net vyfde kon klaarmaak in die 400 m-hekkies vir vroue. 

 Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië begin Vrydag op die Ovaal in Londen. Engeland het reeds die reeks met 3-1 gewen. 
  • KSA het die seisoen se program bekend gemaak vir Suid-Afrika se mans- en vrouespanne wat sal uitloop op albei spanne wat om groot titels gaan meeding. Die manspan sal in Eendagwedstryde teen Zimbabwe, Pakistan en Sri Lanka op tuisbodem speel en weg teen Australië. Daarna sal hulle van Mei tot Julie aanstaande jaar poog om die Wêreldbeker in Engeland en Wallis te wen.

Die vrouespan sal in November aan die Wêreld-T20-toernooi deelneem. 

Gholf

  • Ná die Dell Technologies Kampioenskap is Bryson de Chambeau nou sewende op die wêreldranglys.

1 Dustin Johnson
2 Brooks Koepka
3 Justin Thomas
4 Justin Rose
5 Jon Rahm
35 Louis Oosthuizen
38 Branden Grace

Sokker

  • Verskeie Internasionale wedstryde word hierdie week gespeel. Môre word daar twee wedstryde gespeel.

Oostenryk 19:45 Swede
Nederland 20:45 Peru

  • In Suid-Afrika is Wits die voorloper in die Premierliga.

1 Bidvest Wits 12
2 Bloemfontein Celtic 10
3 SuperSport United 9
4 Orlando Pirates 7
5 AmaZulu  6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.