Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokspan wat Saterdag in die Rugbykampioenskap teen Australië speel toon verskeie veranderinge. Daar is ʼn nuwe voorry, geskommelde lostrio asook nuwe losskakel- en senterkombinasie. Cheslin Kolbe is op die bank ingesluit. Steven Kitshoff en Bongi Mbonambi sak saam met Frans Malherbe in die voorry. Pieter-Steph du Toit sal flank speel terwyl Elton Jantjies op losskakel uitdraf. Damian de Allende sal saam met Jesse Kriel senter speel. Australië het ses van die sewe vorige wedstryde teen die Bokke in die Suncorp Stadion gewen. 

Saterdag

Nieu-Seeland 09:35 Argentinië
Australië 12:00 Suid-Afrika 

  • Richie Mo’unga sal as losskakel vir die All Blacks uitdraf in die plek van Beauden Barrett. 

Curriebeker

  • Komende naweek word daar drie wedstryde gespeel.

Vrydag

Haaie 19:00 Pumas

Aphelele Fassi sal as heelagter vir die Haaie uitdraf terwyl Curwin Bosch op die bank sal wees. Die Pumas het vier veranderinge aan hul span aangebring.

Saterdag

(13) Kyle Steyn sal die Griekwas aanvoer wat vier veranderinge toon vir hul wedstryd in Kimberley teen die Bulle.

Griekwas 14:15 Blou Bulle
Leeus 16:20 Vrystaat 

Pro14

  • In die PRO14-reeks word daar Saterdag vyf wedstryde afgehandel.

Dragons 16:00 Kings
Connacht 18:15 Zebre
Ospreys 18:30 Cheetahs
Llanelli Scarlets 20:35 Leinster
Benetton Treviso 20:35 Cardiff Blues

Die Kaptein van die Cheetahs, Oupa Mohoje, het sy knie verlede week beseer en hy sal vir 9 maande op die kantlyn wees. 

Tennis

  • By die Amerikaanse Ope op Flashing Meadow in New York lê die halfeindstryde nou voor.

In die mansenkelspel se eerste halfeind sal (1) Rafael Nadal teen (3) Juan Martin del Potro te staan kom. In die ander halfeind sal dit heel moontlik (6) Novak Djokovic wees (wat met twee stelle teen nul voor was teen John Millman) wat teen (21) Kei Nishikori sal speel, wat op sy beurt vir (7) Marin Čilić in vyf stelle geklop het.

In die vroue-enkelspel se een halfeind speel (17) Serena Williams teen (19) Anastasija Sevastova. In die ander halfeind kom (14) Madison Keys teen (20) Naomi Osaka te staan vir ʼn plek in die eindstryd.

Motorwedrenne

  • Die San Marino Moto GP word Sondag gejaag en die hoofwedren se wegtrek is om 14:00. Die oefenrondes begin môre en die kwalifisering sal Saterdag afgehandel word. 

Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië begin môre op die Oval in Londen. Engeland het reeds die reeks met 3-1 gewen. 

Gholf

  • Die kaptein van die VSA se Ryderbekerspan, Jim Furyk, het vir Tiger Woods, Phil Mickelson en Bryson DeChambeau ingesluit in Amerika se span wat later dié maand teen Europa gaan speel. Vir Europa se span het Thomas Bjorn vir Sergio Garcia, Ian Poulter, Paul Casey en Henrik Stenson as kapteinskeuses aangewys.
  • In Amerika begin die BMW Kampioenskap vandag in Pennsylvania. Net die top-70 spelers in die Fedex-beker sal afslaan. Louis Oosthuizen is die enigste Suid-Afrikaner wat in aksie sal wees. 
  • In Europa begin die Omega Europese Meesters vandag in Switserland. Van die Suid-Afrikaners wat sal afslaan sluit in Erik van Rooyen, Christiaan Bezuidenhout, Haydn Porteous en Jacques Kruyswijk.

Sokker

  • Twee internasionale wedstryde word vanaand gespeel.

Oostenryk 19:45 Swede
Nederland 20:45 Peru

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.