Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke speel môre in hul derde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane. Die Aussies het verras deur Kurtley Beale as losskakel te kies. Die twee spelers wat beseer was, Israel Folau en David Pocock, is ook opgeneem in die Wallabies se beginspan. 

Môre

Nieu-Seeland 09:35 Argentinië
Australië 12:00 Suid-Afrika 

Curriebeker

  • Drie wedstryde word dié naweek gespeel.

Vanaand

Haaie 19:00 Pumas

Môre

Griekwas 14:15 Blou Bulle
Leeus 16:20 Vrystaat

Die Leeus se gereelde heelagter, Andries Coetzee, sal ʼn ruskans geniet terwyl Sylvian Mahuza die no. 15-trui sal dra. 

Pro14

  • In die Pro14-reeks word daar môre vyf wedstryde afgehandel.

Dragons 16:00 Kings
Connacht 18:15 Zebre
Ospreys 18:30 Cheetahs
Llanelli Scarlets 20:35 Leinster
Benetton Treviso 20:35 Cardiff Blues

Tennis

  • By die Amerikaanse Ope op Flashing Meadow in New York is die eerste halfeindstryde voltooi.

In die vroue-enkelspel se een halfeind het (17) Serena Williams gemaklik met (19) Anastasija Sevastova afgereken. Die telling was 6-3 en 6-0. In die ander halfeind het (20) Naomi Osaka vir (14) Madison Keys met 6-2 en 6-4 geklop vir ʼn plek in die eindstryd.

In die mansenkelspel se eerste halfeind vanaand sal (1) Rafael Nadal teen (3) Juan Martin del Potro te staan kom. In die ander halfeind pak (6) Novak Djokovic en (21) Kei Nishikori mekaar.

Motorwedrenne

  • Die San Marino Moto GP word Sondag gejaag en die hoofwedren se wegtrek is om 14:00. Die Moto3-jaers sal om 11:00 wegtrek en Moto2 om 12:20. 

Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië begin vanoggend om 12:00 op die Oval in Londen. Engeland het reeds die reeks met 3-1 gewen. Virat Kohli is die voorste lopiemaker in die reeks en spog met 544 lopies teen ʼn gemiddeld van 68 lopies per beurt (dit sluit twee honderdtalle in). 

Gholf

  • Die organiseerders van die Nedbank-gholfuitdaging het bekend gemaak dat Brandon Stone sy derde verskyning by Sun City sal maak wanneer dié toernooi van 8 tot 11 November gespeel word. Branden Grace en George Coetzee is die ander twee Suid-Afrikaners wat reeds sal afslaan. Rory McIlroy en Sergio Garcia sal twee van die groot trekpleisters wees.
  • In Amerika is die eerste ronde van die BMW Kampioenskap voltooi. Tiger Woods jaag sy eerste oorwinning in vyf jaar.

1 Tiger Woods -8
Rory McIlroy -8
3 Xander Schauffele -7
4 Billy Horschel -6
Peter Uihlein -6
Justin Thomas -6
Alex Noren -6 

  • In Europa het die Omega Europese Meesters in Switserland begin.

1 Maximilian Kieffer -6
2 Julien Guerrier -5
Hideto Tanihara -5
Søren Kjeldsen -5
Andy Sullivan -5
6 Erik Van Rooyen -4
  Justin Walters -4
 10 Charl Schwartzel -3

Netbal

  • In die Varsity-reeks word die vyfde ronde Sondag in Stellenbosch gespeel.

Tuks 13:00 UJ
Madibaz 14:30 Kovsies
UWC 16:00 VUT
Maties 17:30 NWU

Sokker

  • Vier internasionale wedstryde is gisteraand gespeel.

Oostenryk 2 – 0 Swede
Nederland 2 – 1 Peru
Portugal 1 – 1 Kroasië
Slowakye 0 – 0 Denemarke

  • Bafana Bafana speel môre in ʼn Afcon-kwalifiseringswedstryd teen Libië in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.