Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke het Saterdag in hul derde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane uitgedraf en verloor. Teen rustyd was die Bokke met 18 – 17 voor, maar in die tweede helfte het die Aussies die botoon gevoer en met 23 – 18 geseëvier.
  • In die ander kragmeting was die All Blacks te sterk vir Argentinië. Nieu- Seeland het met 46 – 24 gewen. 

Curriebeker

  • Drie wedstryde is die naweek gespeel.

Haaie 28 – 12 Pumas
Griekwas 40 – 45 Blou Bulle
Leeus 47 – 14 Vrystaat

Pro14

  • In die Pro14-reeks is daar die naweek vyf wedstryde afgehandel.

Benetton Treviso 27 – 25 Cardiff Blues
Llanelli Scarlets 23 – 21 Leinster
Connacht 32 – 13 Zebre
Ospreys 46 – 14 Cheetahs
Newport Gwent Dragons 27 – 22 Kings

Tennis

  • Die Amerikaanse Ope (die laaste Grand Slam van die jaar) is op Flashing Meadow in New York afgehandel.

In die vroue-enkelspel het (17) Serena Williams pak gekry toe (20) Naomi Osaka van Japan die eerste Japannees geword het om ʼn Grand Slam-titel in te palm. Osaka het in twee stelle geseëvier. Die telling was 6-2 en 6-4. Williams is aangespreek omdat sy haar raket teen die baanoppervlakte geslaan het en ook omdat sy moontlike wenke van haar afrigter gekry het. Williams is selfs met ʼn pot gestraf weens haar optrede en met $18 000 beboet.

In die mansenkelspel het (6) Novak Djokovic sy 14de Grand Slam-titel gewen toe hy vir (3) Juan Martin del Potro in skoon stelle geklop het. Die telling was 6-4, 7-6 en 6-3.

Motorwedrenne

  • Die San Marino Moto GP (die 13de van die seisoen) is gister in heerlike sonskynweer afgehandel. Die wedren wat deur 96 000 toeskouers bygewoon is, is deur Ducati se Andrea Dovizioso (Ducati) gewen (sy derde oorwinning van die seisoen). Jorge Lorenzo (Ducati) het met twee rondes oor geval en die tweede posisie op ʼn skinkbord aan Marc Marquez (Repsol Honda) gegee. Cal Crutchlow (LCR Honda) was derde. 

Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië het gister sy derde dag op die Oval in Londen beleef. Teen uitskeityd was Engeland in hul tweede beurt op 114/2. Dit gee aan Engeland ʼn totale voorsprong van 154 lopies met nog agt paaltjies staande. (Eerste beurt: Engeland 332 en Indië 292) 
  • Krieket Suid-Afrika het die afgelope jaar ʼn stewige wins getoon en het aangekondig dat die Global T20-liga van 9 November tot 16 Desember gespeel sal word. 

Kanovaart

  • Suid-Afrika se Andy Birkett en Hank McGregor het gister die K2-wêreldtitel by die Marathon Wêreldkampioenskap gewen. Die byeenkoms is in Portugal aangebied. Birkett het ook vroeër die goue medalje in die K1-afdeling gewen. 

Swem

  • Vier Suid-Afrikaners was betrokke by die eerste been van FINA se Wêreldbeker in Rusland. Chad le Clos het een goue medalje en twee silwer medaljes ingepalm. Le Clos jaag vanjaar sy vyfde reeks-titel. Die ander drie Suid-Afrikaners (Ryan Coetzee, James Dhooge en Max Kieser) kon nie medaljes verower nie. Die volgende byeenkoms begin Donderdag in Doha. 

Gholf

  • In Amerika is die BMW Kampioenskap se vierde ronde uitgestel as gevolg van die weersomstandighede. Ná die derde ronde was Justin Rose met een hou voor.

1 Justin Rose -17
2 Rory McIlroy -16
Xander Schauffele -16
4 Tommy Fleetwood -15
Rickie Fowler -15 

  • In Europa het die Omega Europese Meesters in Switserland ten einde geloop.

1 Matthew Fitzpatrick -17 (valbylstryd)
2 Lucas Bjerregaard -17
3 Mike Lorenzo-Vera -15
4 Nacho Elvira -12
5 Daniel Brooks -11
8  Charl Schwartzel -9
    Darren Fichardt -9

Netbal

  • In die Varsity-reeks is die vyfde ronde gister in Stellenbosch afgehandel.

Tuks 70 – 32 UJ
Madibaz 41 – 40 Kovsies
UWC 74 – 42 VUT
Maties 69 – 36 NWU

Sokker

  • Verskeie internasionale wedstryde is gister gespeel. Van die uitslae sluit in dat Frankryk vir Nederland met 2 – 1 geklop het en Denemarke met 2 – 0 met Wallis afgereken het.
  • Bafana Bafana het Saterdag in ʼn Afcon-kwalifiseringswedstryd teen Libië in Durban gespeel en met 0 – 0 gelykop gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet de Jager ·

Nou wat van die Eerste liga van die Curriebeker?? Probeer julle dit doodswyg? Die meeste van daardie spanne stry ‘n opdraende stryd vir oorlewing. Gee darem net die uitslae en puntemakers ook asseblief en nie net die ellelange geteem oor die Bontebokke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.