Vandag se sportnuus

Gholf

  • In Amerika is die BMW Kampioenskap se vierde ronde voltooi. Keegan Bradley het as wenner uit die stryd getree.

1 Keegan Bradley -20 (valbylstryd)
2 Justin Rose -20 (die wêreld se nuwe no. 1-speler)
3 Billy Horschel -19
Xander Schauffele -19
5 Rory McIlroy -18
6 Webb Simpson -17
Tiger Woods -17
58 Louis Oosthuizen -2
 

Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië het gister sy vierde dag op die Oval in Londen beleef. Alastair Cook het 147 lopies in sy laaste toets aangeteken en James Anderson het die gesamentlike beste snelbouler in toetsgeskiedenis geword. Engeland het sy tweede beurt op 423/8 lopies verklaar en aan Indië die taak gestel om 464 vir ʼn oorwinning aan te teken. Indië het teen uitskeityd gesteier op 58/3. 
  • Suid-Afrika se vroue-span het na die Wes Indiese Eilande vertrek waar hulle in drie eendag- en vyf T20-wedstryde teen die Windies sal speel. Die toer is ter voorbereiding van die Wêreld T20-kampioenskap wat in November in die Karibiese Eilande gespeel sal word. 

Netbal

  • Die sesde ronde van die Varsity-reeks is gister by Maties se binnenshuise stadion op Stellenbosch gespeel.

NWU 47 – 49 Madibaz
Tuks 110 – 28 VUT
UWC 58 – 56 UJ
Maties 56 – 59 Kovsies 

Rugby

  • Die Springbokke speel Saterdag in hul vierde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland. Die vleuel, Makazole Mapimpi, het na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy sy knie teen die Aussies beseer het.

Op die jongste rugbyranglys is Suid-Afrika steeds sewende.

  1. Nieu-Seeland 94,52
  2. Ierland 90,12
  3. Wallis 85,94
  4. Engeland 85,68
  5. Australië 84,45
  6. Skotland 83,02
  7. Suid-Afrika 81,35
  8. Frankryk 79,10
  9. Argentinië 77,02
  10. Fidji 76,54 

Curriebeker

  • Op die jongste punteleer is die Leeus en die Haaie nog onoorwonne ná drie wedstryde.

1 Leeus 15
2 Haaie 15
3 Bulle 12
4 WP 10
5 Pumas 6
6 Griekwas 3
7 Vrystaat 2

Pro14

  • In die PRO14-reeks is Ospreys en die Glasgow Warriors albei op nege punte die voorlopers in Konferensie A. In Konferensie B het Benetton Treviso en Ulster albei agt punte.

Tennis

  • Ná die Amerikaanse Ope is Novak Djokovic nou derde op die wêreldranglys terwyl Suid-Afrika se Kevin Anderson teruggesak het na die negende posisie.

1 Rafael Nadal
2 Roger Federer
3 Novak Djokovic
4 Juan Martin del Potro
5 Alexander Zverev
6 Marin Cilic
7 Grigor Dimitrov
8 Dominic Thiem
9 Kevin Anderson

In die vroue-enkelspel het die VSA se nuut gekroonde Ope-kampioen, Naomi Osaka van Japan, met 12 plekke op die wêreldranglys verbeter.

1 Simona Halep
2 Caroline Wozniacki
3 Angelique Kerber
4 Caroline Garcia
5 Petra Kvitova
6 Elina Svitolina
7 Naomi Osaka

Motorwedrenne

  • Ná die San Marino Moto GP (die 13de van die seisoen) wat op die Misano-baan gejaag is, is Marc Marquez (Repsol Honda) nou met 67 punte voor sy naaste teenstander op die punteleer.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 221
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 154
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 151
4 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 124 

  • In die Moto2-afdeling is Suid-Afrika se Brad Binder nou derde op die punteleer. Steven Odendaal beklee die 28ste plek. 
  • In Moto3 is Suid-Afrika se Darryn Binder 22ste op die punteleer. 

Swem

  • Die tweede been van Fina se Wêreldbeker begin Donderdag in Doha. Chad le Clos het een goue medalje en twee silwer medaljes by die eerste been in Rusland ingepalm. Daar is ʼn totaal van sewe bene wat afgehandel sal word. 

Sokker

  • Verskeie internasionale wedstryde word vandag gespeel. Van die bepalings sluit in dat Portugal teen Italië speel en Swede teen Turkye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.