Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas en Nieu-Seeland speel môre in Auckland in die vyfde en finale eendagkragmeting van die huidige reeks teen mekaar. Die reekstellings is tans twee elk en die wedstryd begin om 03:00 Suid-Afrikaanse tyd.

Plaaslike krieket

Vandag word daar drie wedstryde in die Momentum-eendagreeks gespeel:

 

sport1 

Superrugby

Gister is een wedstryd afgehandel. Die Force klop die Reds met 26-19. Die linkervleuel van die Reds, Eto Nabuli, het drie drieë gedruk.

Vandag word daar ook een wedstryd gespeel en môre sewe.

 

sport2 

Sewesrugby

Die Blitsbokke speel die naweek in die vyfde been van die Wêreldreeks in Las Vegas. Cecil Afrika en Werner Kok is terug in die span nadat hulle herstel het van beserings. Ons speel môre om 04:43 in die groepfase teen Kanada, om 07:42 teen Frankryk en Sondagoggend om 02:08 teen Wallis.

Hokkie

Op Hartleyvale in Kaapstad het Suid-Afrika se manshokkiespan gister teen Engeland in die Somerreeks gespeel en Engeland het met 5-2 geseëvier. Sondag draf ons teen Duitsland op die veld.

Gholf

Die Tshwane Ope se eerste ronde is by die Pretoria Buiteklub afgehandel.

sport3

In die VSA is die eerste dag van die Mexikaanse kampioenskap ook iets van die verlede.

 

sport4

Vrouegholf

Die Sonskynreeks vir Vroue se Sun International-toernooi is by Lost City voltooi.

sport5

Tennis

Op die Dubai Ope-tenniskampioenskap het die eerste gekeurde Andy Murray asook Fernando Verdasco deurgedring na die kwarteindronde.

In Acapulco sal Novak Djokovic teen  Nick Kyrgios in die kwarteind speel. Rafael Nadal het intussen afgereken met Paolo Lorenzi deur hom met 6-1 en 6-1 te klop.

Formule 1

Williams kon nie aan die laaste dag se voorseisoenoefenrondes deelneem nie as gevolg van die skade wat die motor in gister se ongeluk opgedoen het.

Sokker

In die Engelse Premierliga lyk môre se bepalings so:

 

sport6

In die plaaslike Premierliga word daar vanaand drie wedstryde gespeel.

sport7

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.