Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die vyfde en laaste toets tussen Engeland en Indië het gister op die Oval in Londen ten einde geloop. Engeland het aan Indië die taak gestel om 464 lopies vir ʼn oorwinning aan te teken. Indië is egter vir 345 uitgehaal wat aan Engeland ʼn oorwinning van 118 lopies besorg het. Engeland wen ook die reeks met 4-1. James Anderson het die suksesvolste bouler in toetskrieket geword nadat hy drie paaltjies vir 45 lopies platgetrek het. Anderson spog nou met 564 paaltjies. 
  • Die Protea-speler, David Miller, het aangekondig dat hy voortaan slegs op die verkorte weergawe van die spel sal konsentreer. Dit beteken dat Miller nie meer in toetskrieket vir Suid-Afrika sal speel nie. 
  • Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne is ingesluit in Australië se groep vir sy toetsreeks teen Pakistan. Die reeks sal in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel word. 

Netbal

  • Ná die sesde ronde van die Varsity-reeks is die Kovsies die nuwe voorlopers op die punteleer. Die sewende ronde word op 24 September by Tukkies gespeel.

1 Kovsies 26
2 Maties 24
3 Madibaz 22
4 Tuks 21
5 NWU 21
6 UWC 11
7 UJ 2
8 VUT 0 

Rugby

  • Die Springbokke speel Saterdag in hul vierde wedstryd van vanjaar se Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland in Wellington. Die Bokspan word môre bekend gemaak. Intussen is Sonny Bill Williams, Ryan Crotty en Sam Cane fiks verklaar vir dié kragmeting. 

Curriebeker

  • Komende naweek word daar weer drie wedstryde gespeel.

Vrydag

Bulle 19:00 Pumas

Saterdag

Leeus 15:00 WP
Griekwas 17:15 Vrystaat

Pro14

  • In die Pro14-reeks word daar die naweek sewe wedstryde gespeel.

Vrydag

Edinburg 20:35 Connacht
Munster 20:35 Ospreys

Saterdag

Llanelli Scarlets 18:15 Benetton Treviso
Leinster 18:15 Dragons
Cheetahs 19:30 Glasgow Warriors
Zebre 20:35 Cardiff Blues

Sondag

Kings 14:15 Ulster

Motorwedrenne

  • Die aandag verskuif die week na die Singapoer Formule Een Grand Prix. Lewis Hamilton is tans 30 punte voor sy naaste teenstander.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 256
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 226
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 164
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 159
5 Max Verstappen (Red Bull) 130
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118 

Swem

  • Die tweede been van FINA se Wêreldbeker begin môre in Doha. Chad le Clos jaag vanjaar sy vyfde reekstitel. Op die punteleer is Le Clos vyfde met 30 punte. Die voorloper is Vladimir Morozov van Rusland wat spog met 54 punte. Anton Chupkov (Rusland) is tweede met 48, Michael Andrew (VSA) derde met 42 en Mitchell Larkin (Ausralië) is vierde met 36.

 Gholf

  • In Europa slaan die spelers môre af in die KLM Ope wat in Nederland gespeel word. 
  • In Amerika word die Spelers-kampioenskap (wat net die top 30 spelers op die Fedex-beker insluit) aanstaande week in Atlanta gespeel. 
  • Op die plaaslike front sal die spelers mekaar van Vrydag af op Arabella die stryd aansê in die Vodacom-toernooi. 

Sokker

  • Die MTN8 se eindstryd sal op 29 September in die Moses Mabhida Stadion gespeel word. SuperSport United en Cape Town City sal mekaar om 19:00 pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.