Vandag se sportnuus

Rugby

  • Twee wedstryde word môre in die Rugbykampioenskap gespeel.

Nieu-Seeland 09:35 Suid-Afrika

Australië 12:00 Argentinië

  • Intussen het die Aussies hul twee spelers wat beseer was, David Pocock en Israel Folau, ingesluit in hul beginspan teen Argentinië.

Sewesrugby

  • Die belangstelling in kaartjies vir die Kaapstad-toernooi in Desember was weer ongelooflik. Meer as 34 000 registrasies vir 163 000 kaartjies is ontvang. Individue van 35 lande het tydens die twee weke-registrasieproses aanlyn geregistreer.

Curriebeker

  • Die eerste wedstryd van die naweek word reeds vanaand gespeel.

Vanaand

Bulle 19:00 Pumas

Môre

  • Andries Coetzee sal heelagter speel en Sylvian Mahuza sal op vleuel vir die Leeus uitdraf. Kaptein Chris van Zyl sal sy eerste wedstryd dié seisoen vir die WP speel.

Leeus 15:00 Westelike Provinsie

Griekwas 17:15 Vrystaat

  • Vuyani Maqina sal linkervleuel vir die Vrystaat speel en Johan Kotze sak op loskop.

Pro14

  • In die Pro14-reeks speel die Cheetahs en die Kings op hul onderskeie tuisvelde teen spanne uit Europa.

Vanaand

Edinburgh 20:35 Connacht

Munster 20:35 Ospreys

Môre

Llanelli Scarlets 18:15 Benetton Treviso

Leinster 18:15 Dragons

Cheetahs 19:30 Glasgow Warriors

Zebre 20:35 Cardiff Blues

Sondag

Kings 14:15 Ulster

Motorwedrenne

  • Die eerste oefenrondes vir die Singapoer Formule Een Grand Prix word vandag afgehandel. Môre vind die kwalifisering plaas wat sal bepaal wie Sondag eerste wegspring. Die wedren begin Sondag om 14:10.

Swem

  • Die tweede been van FINA se Wêreldbeker het gister in Doha begin. Suid-Afrika se goue seun, Chad le Clos, het ʼn koors ontwikkel en hy was deurentyd naar en kon nie aan die 100 m-vlinderslag deelneem nie. Ryan Coetzee het silwer in die 100 m-vlinderslag gewen. Carina Brand het op haar beurt brons in die 200 m-vlinderslag ingepalm. Die byeenkoms duur tot môre.

Gholf

  • In Europa is die eerste ronde van die KLM Ope in Nederland voltooi.

1 Ashun Wu -7

2 Chris Wood -6

3  Kevin Stadler -5

Eddie Pepperell -5

(plus 11 ander spelers)

 16 Haydn Porteous -4

     Jaco Van Zyl -4

  • Op die plaaslike front begin die Vodacom-toernooi vandag op Arabella. Brandon Stone sal ná drie weke se rus weer terug wees op die baan. Die eerste drie spelers wat om 07:15 afslaan, is Steven Lecuyer, Phumlani Maluka en Michael Schutz.

Padwedlope

  • Irvette van Zyl sal op 24 September haar debuut maak by die 10 km lange Joburg-stadswedloop. Die verdedigende kampioen is Glenrose Xaba.

Sokker

  • Die Engelse Premierliga word Saterdag voortgesit wanneer sewe wedstryde geskeduleer is.

Tottenham Hotspur 13:30 Liverpool

Huddersfield Town 16:00 Crystal Palace

Newcastle United 16:00 Arsenal

AFC Bournemouth 16:00 Leicester City

Chelsea 16:00 Cardiff City

Manchester City 16:00 Fulham

Watford 18:30 Manchester United

  • In die plaaslike Premierliga word daar môre vyf wedstryde gespeel.

Chippa United 15:00 Baroka

Cape Town City 15:00 Kaizer Chiefs

Maritzburg United 18:00 Bidvest Wits

Polokwane City 20:15 Free State Stars

Orlando Pirates 20:15 SuperSport United

  • In die Varsity-reeks is die twee halfeindstryde gister beslis.

Tuks 0 – 1 TUT

UJ (3) 0 – 0 (4) Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.