Vandag se sportnuus

Rugby

  • Twee wedstryde is die naweek in die Rugbykampioenskap gespeel. Die Bokke het ʼn onverwagse oorwinning oor die All Blacks behaal nadat hulle net 21% gebiedsvoordeel en 25% balbesit geniet het. Die Bokke se voorvoetverdediging het die knoop deurgehaak. Die Bokke het die meeste punte nog in ʼn toetswedstryd teen Nieu-Seeland in Nieu-Seeland opgestapel en menige Suid-Afrikaner se hart warm laat klop.

Nieu-Seeland 34 – 36 Suid-Afrika
Australië 19 – 23 Argentinië 

Curriebeker

  • Drie wedstryde is die naweek afgehandel.

Bulle 39 – 29 Pumas
Leeus 38 – 65 Westelike Provinsie
Griekwas 52 – 24 Vrystaat

Pro14

  • In die Pro14-reeks is sewe wedstryde gespeel.

Edinburgh Connacht
Munster Ospreys
Llanelli Scarlets 38 – 29 Benetton Treviso
Leinster 52 – 10 Dragons
Cheetahs 24 – 52 Glasgow Warriors
Zebre 26 – 24 Cardiff Blues
Kings 7 – 28 Ulster

Motorwedrenne

  • Die Singapoer Formule Een Grand Prix (die 15de wedren van die seisoen) is gister op die straatbaan van Marina Bay deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen. Hamilton het van die begin tot die einde voorgejaag om vir die vierde keer in Singapoer te seëvier. Tweede in die wedren oor 61 rondes en 308 km was Max Verstappen (Red Bull) met Sebastian Vettel (Ferrari) derde. Valtteri Bottas (Mercedes) was vierde, Kimi Raikkonen (Ferrari) vyfde en Daniel Ricciardo (Red Bull) sesde. 

Marathon

  • Kenia se Eliud Kipchoge het ʼn splinternuwe wêreldrekord in die marathon opgestel toe hy die Berlynse marathon in 2:01:39 sekondes afgelê het. Dit was 1:18 sekondes vinniger as Dennis Kimetto se vorige rekord. 

Atletiek

  • Die wêreldkampioen, Kevin Mayer van Frankryk, het ʼn splinternuwe wêreldrekord in die tienkamp opgestel toe hy 9 126 punte opgestapel het by gister se Decastar byeenkoms in Frankryk. Die vorige rekord van Ashton Eaton het op 9 045 punte gestaan. 

Swem

  • Die tweede been van Fina se Wêreldbeker is in Doha afgehandel. Chad le Clos het met ʼn maagvirus gesukkel wat die onus op Ryan Coetzee geplaas het om die kollig te steel. Coetzee het silwer in die 100 m-vlinderslag gewen asook die brons medalje in die 50 m-vlinderslag verower. Carina Brand het op haar beurt brons in die 200 m-vlinderslag hare gemaak. Die derde byeenkoms in die reeks word van 28 tot 30 September in Eindhoven aangebied. 

Gholf

  • In Europa is die KLM Ope in Nederland voltooi.

1 Ashun Wu -16
2 Chris Wood -15
3 Hideto Tanihara -14
Thomas Detry -14
5 Padraig Harrington -13
11 Erik van Rooyen -10 

  • Op die plaaslike front het die Vodacom-toernooi gister op Arabella ten einde geloop.

1 Neil Schietekat -11
2 Louis de Jager -10
3 Trevor Fisher Jnr -9
   Jake Roos -9
5 Jaco Ahlers -7
   Jacques Blaauw -7 

Netbal

  • Die Proteas het hul openingswedstryd teen die Aussies in die vierhoekige-reeks met 61 – 44 verloor. Engeland het met Nieu-Seeland afgereken deur met 52 – 39 te seëvier. Die Proteas speel môre in hul volgende wedstryd teen Nieu-Seeland. 

Tennis

  • Suid-Afrika sal in Oktober teen Portugal in die Davisbeker-kompetsie Portugal het die naweek die Oekraïne met 3 – 1 geklop. 
  • Kroasië het die VSA in hul halfeind van die Davisbeker met 3 – 2 geklop. In die ander halfeind het Frankryk vir Spanje met 3 – 2 geklop om die eindstryd te haal. 

Sokker

  • Die Engelse Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Everton 1 – 3 West Ham United
Wolverhampton Wanderers 1 – 0 Burnley

  • In die plaaslike Premierliga is drie wedstryde gister afgehandel.

AmaZulu 3 – 3 Mamelodi Sundowns
Highlands Park 2 – 1 Golden Arrows
Black Leopards 0 – 1 Bloem Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.