Vandag se sportnuus

Rugby

  • Ná die Bokke se oorwinning die afgelope naweek oor die All Blacks het Suid-Afrika met twee posisies op die jongste wêreldranglys verbeter en is hulle nou vyfde.
  1. Nieu-Seeland 92.52
  2. Ierland 90.12
  3. Wallis 85.94
  4. Engeland 85.68
  5. Suid-Afrika 83.35
  6. Skotland 83.02
  7. Australië 82.45
  8. Frankryk 79.10
  9. Argentinië 79.02
  10. Fidji 76.54 

Dit is onduidelik of die Bokke se heelagter, Willie le Roux, in die plaaslike toetse teen die Aussies en die All Blacks sal speel. Le Roux is by Wasps gekontrakteer en hulle speel komende Saterdag teen die Sale Sharks. Dit is steeds onduidelik of hy ná die wedstryd na Suid-Afrika gaan terugkeer. 

Curriebeker

  • Op die jongste punteleer is die Blou Bulle die nuwe voorlopers met een punt.

1 Bulle 17
2 Leeus 16
3 Westelike Provinsie 15
4 Sharks 15
5 Griekwas 8
6 Pumas 7
7 Vrystaat 2

  • Die Goue Leeus Rugby-unie het sy nuwe president verkies. Neville Jardine sal by Kevin de Klerk oorneem wat bedank het om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.

Pro14

  • In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors die voorlopers in Konferensie A. In Konferensie B is Ulster voor op die punteleer.

Motorwedrenne

  • Ná die Singapoer Formule Een- Grand Prix (die 15de wedren van die seisoen) is Lewis Hamilton (Mercedes) nou 40 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari).

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 281
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 241
3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 174
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 171
5 Max Verstappen (Red Bull) 145
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 128 

Netbal

  • Die Proteas speel vandag teen Nieu-Seeland in hul tweede wedstryd van die vierhoekige reeks. In die ander kragmeting pak Engeland en Australië mekaar. Die toernooi word in Nieu-Seeland gespeel. 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue het die Windies in die eerste eendagwedstryd in Bridgetown met 40 lopies geklop. Sune Luus het 58 lopies aangeteken en Marizanne Kapp het 3/14 met die bal geneem. Die Proteas het 201/9 aangeteken en die Windies vir 161 uitgehaal. Daar word nog twee eendagwedstryde gespeel. 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys het Louis Oosthuizen teruggesak na die 35ste posisie.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Rory McIlroy
35 Louis Oosthuizen
43 Branden Grace
60 Charl Schwartzel 

  • Op die plaaslike front is Neil Schietekat vierde op die Meriete-ordelys ná sy oorwinning die afgelope naweek op Arabella.

1 Justin Harding                      
2 Daniel van Tonder       
3 Alex Haindl                           
4 Neil Schietekat                      
5 Michael Palmer      

 Marathon

  • Die Kaapstad Marathon sal komende Sondag meer as 20 000 atlete hê wat sal wegspring. Verskeie oorsese atlete sal ook in aksie wees. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister afgehandel.

Southampton 2–2 Brighton & Hove Albion

  • In die plaaslike Premierliga word een wedstryd vanaand gespeel.

Free State Stars 19:30 Kaizer Chiefs

  • Banyana Banyana het gister in die Cosafa-beker teen Malawi in Port Elizabeth gespeel en gemaklik met 6–0 geseëvier. Suid-Afrika kwalifiseer daarmee vir die halfeind van dié kompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.