Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke se afrigter, Rassie Erasmus, sal vanjaar die Barbarians afrig wanneer hulle op 1 Desember teen Argentinië speel. Die room van internasionale spelers word jaarliks genooi om vir die Baabaas uit te draf.
  • Loftus Versfeld sal op 6 Oktober stampvol wees wanneer die Bokke teen die All Blacks speel. Die Blou Bulle het gister aangekondig dat al 50 000 kaartjies uitverkoop is vir dié toets in die rugbykampioenskap. 
  • Tien van die Bokke is vrygestel om komende naweek vir hul klub of provinsies te speel. Die twee oorsese spelers is Willie le Roux (Wasps) en Francois Louw (Bath). Plaaslik word die volgende spelers vrygestel: Ross Cronje (Leeus), Marco van Staden en Embrose Papier (Bulle), Thomas du Toit (Sharks) en Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Sikhumbuzo Notshe en Damian Willemse (WP).
  • Die Bulls se Superrugby-afrigter, John Mitchell, het ʼn pos as Engeland se verdedigingsafrigter aanvaar. Mitchell het in Mei verlede jaar as die Bulls se hoofafrigter begin werk. 

Curriebeker

  • Drie wedstryde word dié naweek gespeel.

Vrydag

Vrystaat 17:00 Pumas

Saterdag

Sharks 17:15 Leeus
Westelike Provinsie 19:30 Griekwas

Pro14

  • In die Pro14-reeks word sewe wedstryde komende naweek afgehandel.

Vrydag

Cheetahs 19:15 Ulster
Cardiff Blues 20:35 Munster

Saterdag

Kings 15:00 Glasgow Warriors
Connacht 18:15 Llanelli Scarlets
Dragons 18:15 Zebre
Leinster 20:35 Edinburgh
Ospreys 20:35 Benetton Treviso 

Motorwedrenne

  • Die fokus verskuif dié week na die Moto GP van Aragon wat in Spanje gejaag word. Marc Marquez spog met ʼn voorsprong van 67 punte op die punteleer.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 221
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 154
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 151
4 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 124 

Netbal

  • Die Proteas het gister teen Nieu-Seeland in hul tweede wedstryd van die vierhoekige reeks in Nieu-Seeland gespeel. Die Proteas is met 61 – 37 deur die Silwervarings afgeransel. Die Proteas speel Sondag teen Engeland in Melbourne. 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue speel vandag in Bridgetown in die tweede eendagwedstryd teen die Windies. Die Proteas het die eerste wedstryd Sondag met 40 lopies gewen. Daar word drie eendagwedstryde gespeel. 

Gholf

  • Die Amerikaanse Gholfreeks bereik dié week sy klimaks met die Spelerskampioenskap wat in Atlanta gespeel word. Die Fedex-beker loop ook ten einde. Die voorste 30 spelers sal sake in die Spelerskampioenskap uitspook wat ʼn prysgeld van nagenoeg R135 miljoen het. Die seisoen se Fedex-beker, wat terselfdertyd afgehandel word, spog met sy eie pryspot van R150 miljoen vir die wenner. 

Sokker

  • In Uefa se kampioeneliga is daar gisteraand agt wedstryde gespeel. Van die uitslae lyk só:

Internazionale 2 – 1 Tottenham Hotspur
Liverpool 3 – 2 Paris Saint-Germain

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Free State Stars 0 – 2 Kaizer Chiefs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.