Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die Amerikaanse Gholfreeks se laaste toernooi vir die jaar, die Spelerskampioenskap, begin vandag in Atlanta wanneer die voorste 30 spelers mekaar pak.Die groeperings vir die week se toernooi word volgens die spelers se punte in die Fedex-beker gemaak wat beteken Bryson DeChambeau en Justin Rose sal saamspeel. Tony Finau en Dustin Johnson sal op hul beurt saamstap. Ander interessante groeperings sluit in Xander Schaufelle wat saam met Rory McIlroy speel terwyl Tiger Woods saam met Tommy Fleetwood sal afslaan.

    Altesaam 20 van die 30 spelers is Amerikaners. Daar is vier spelers van Groot-Brittanje en drie van Australië. Geen Suid-Afrikaners is in aksie nie. 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue moes gister in Bridgetown in die tweede eendagwedstryd teen die Windies gespeel het. Die wedstryd het egter uitgereën. Suid-Afrika het die eerste wedstryd gewen. Daar word drie eendagwedstryde in die reeks gespeel. 
  • Dit wil voorkom of die nuwe T20 Global Leaque weer in stormagtige waters is. Die toernooi is verlede jaar uitgestel en ʼn week of twee gelede het KSA aangekondig dat die toernooi vanjaar tussen 9 November en 16 Desember gespeel gaan word. Daar is tans egter baie onbeantwoorde vrae oor die kompetisie en selfs die minister van sport, Tokozile Xasa, word hierby betrek. 
  • Ben Stokes en Alex Hales is in Engeland se eendagspan opgeneem vir die reeks teen Sri Lanka. Albei spelers word tans aangekla dat hulle die spel in oneer gebring het ná die nagklubpetalje verlede jaar.

Curriebeker

  • Drie wedstryde word die naweek gespeel.

Vrydag

Vrystaat 17:00 Pumas

Saterdag

Sharks 17:15 Leeus
Westelike Provinsie 19:30 Griekwas

Pro14

  • In die Pro14-reeks word sewe wedstryde komende naweek afgehandel.

Vrydag

Cheetahs 19:15 Ulster
Cardiff Blues 20:35 Munster

Saterdag

Kings 15:00 Glasgow Warriors

Connacht 18:15 Llanelli Scarlets
Dragons 18:15 Zebre
Leinster 20:35 Edinburgh
Ospreys 20:35 Benetton Treviso 

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Aragon word Sondag in Spanje gejaag. Die oefenrondes begin môre terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel sal word. Die hoofwedren begin Sondag om 14:00 en word voorafgegaan deur die Moto2- en Moto3-wedrenne. 

Netbal

  • Australië het Engeland in die vierhoekige reeks met 52–47 uitoorlê en is nou die enigste onoorwonne span in die reeks. 
  • Die sewende ronde van die Varsity-reeks word Maandag gespeel.

Tuks 17:30 UWC (Pta)
UJ 18:00 VUT Netball (Jhb)
Madibaz 18:00 Maties (PE)
Kovsies 19:00 Pukke (Bloem) 

Tennis

  • Maria Sharapova het aangekondig dat sy haar 2018-jaar vroeg afsluit om van ʼn skouerbesering te herstel. Sharapova sal dus nie aan die Chinese en Tianjin Ope asook die Kremlin-beker deelneem nie.
  • Rafael Nadal het ook aangekondig dat die besering aan sy regterknie hom genoop het om die volgende paar toernooie mis te loop. 

Sokker

  • In die Uefa se kampioeneliga is daar gisteraand agt wedstryde gespeel. Cristiano Ronaldo is in sy eerste wedstryd vir Juventus met ʼn rooikaart van die veld gestuur. Van die uitslae lyk só:

Young Boys 0–3 Manchester United
Manchester City 1–2 Olympique Lyonnais

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gisteraand gespeel.

Golden Arrows 0–1 Mamelodi Sundowns
Orlando Pirates 2–2 Cape Town City

  • In die Cosafa-beker vir vroue speel Suid-Afrika vandag in die een halfeind teen Uganda terwyl Zambië vir Kameroen die stryd aansê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.