Vandag se sportnuus

Rugby

  • Sewentien Springbokke trek vandag in Port Elizabeth saam om te begin met voorbereidings vir die finale twee kampioenskapwedstryde teen Australië en Nieu-Seeland. ʼn Klompie ander Bokke speel eers die naweek in die Curriebeker en sluit dan by die groep aan. Willie le Roux en Francois Louw is terug na hul Engelse klubs en hulle sal saam met drie beseerde spelers nie vir die oorblywende twee toetse oorweeg word nie. Die beseerdes is Damian De Allende, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi.
  • Die Springbok-vrouespan sal in November drie toetse speel. Hulle sal teen Wallis, Spanje en Italië te staan kom.

Curriebeker

  • Drie wedstryde word dié naweek gespeel.

Vrydag

Vrystaat 17:00 Pumas

Saterdag

Sharks 17:15 Leeus

  • Die Sharks het ʼn paar Bokke terug in hul span naamlik Thomas du Toit, Coenie Oosthuizen en S’bu Nkosi. Vir die Leeus sal Ross Cronje op skrumskakel as kaptein uitdraf.

Westelike Provinsie 19:30 Griekwas

  • Vir die WP maak die volgende Bokke hul terugkeer: Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Sikhumbuzo Notshe en Damian Willemse. Griekwas het ses veranderinge aan hul span gemaak.

Pro14

  • In die Pro14-reeks word sewe wedstryde dié naweek afgehandel.

Vrydag

Cheetahs 19:15 Ulster

  • Die Cheetahs het twee veranderinge gemaak vir hul wedstryd teen Ulster. Ox Nche sal losskop speel en Niell Jordaan agtsteman. Marcell Coetzee sal op agtsteman vir Ulster uitdraf.

Cardiff Blues 20:35 Munster

Saterdag

Kings 15:00 Glasgow Warriors

Connacht 18:15 Llanelli Scarlets

Dragons 18:15 Zebre

Leinster 20:35 Edinburg

Ospreys 20:35 Benetton Treviso

Gholf

  • Die Spelerskampioenskap (met die voorste 30 spelers in die Fedex-beker) het gister in Atlanta begin.

1 Rickie Fowler -5

Tiger Woods -5

3 Gary Woodland -4

Justin Rose -4

5 Rory McIlroy -3

Justin Thomas -3

Tony Finau -3

Die voorloper in die Fedex-beker, Bryson DeChambeau, is op +1

  • In Europa het die Portugese Meesters gister in Vilamoura begin.

1 Lucas Herbert -8

2 Matt Wallace -7

Shane Lowry -7

Eddie Pepperell -7

16 George Coetzee -4

 27 Zander Lombard -3

     Haydn Porteous -3

Tennis

  • Die stryd om die Laver-beker vind dié naweek tussen die spanne van Europa en die Wêreldspan in Chicago plaas. Span Europa bestaan uit Roger Federer, Novak Djokovic, Alexander Zverev, Grigor Dimitrov, David Goffin en Kyle Edmund. Die Wêreldspan word verteenwoordig deur Kevin Anderson, Jack Sock, Nick Kyrgios, John Isner, Frances Tiafoe en Diego Schwartzman.

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue speel môre in Bridgetown in die derde en laaste eendagwedstryd teen die Windies. Die tweede wedstryd het uitgereën. Suid-Afrika loop met 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde.

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Aragon word Sondag in Spanje gejaag. Die Moto3-wedren begin om 11:00 en word gevolg deur die Moto2-wedren om 12:20. Die groot kanonne trek om 14:00 weg.

Netbal

  • Suid-Afrika speel Sondag in die vierhoekige reeks teen Engeland in Australië (Melbourne). Die Proteas het reeds teen Nieu-Seeland en Australië verloor.
  • In die Varsity-reeks is die Kovsies na ses rondes die voorlopers op die punteleer.

1 Kovsies 26

2 Maties 24

3 Madibaz 22

4 Tuks 21

5 NWU 21

6 UWC 11

7 UJ 2

8 VUT 0

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

Bidvest Wits 20:00 Polokwane City

  • In die Cosafa-beker vir vroue het Suid-Afrika gister in die een halfeind teen Uganda gespeel en met 2 – 0 geseëvier. Kameroen het vir Zambië met 1 – 0 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.