Vandag se sportnuus

Rugby

  • Springbokke

Die Springbokgroep vir die twee oorblywende wedstryde in die Rugbykampioenskap teen Australië en Nieu-Seeland is bekend gemaak. Vyf spelers sluit hul by die huidige groep van sewentien spelers aan ter voorbereiding van dié wedstryde. Die spelers is Ruhan Nel, Vincent Koch, Sbu Nkosi, Lionel Mapoe en Ivan van Zyl.

  • Curriebeker

Drie wedstryde is die naweek gespeel:
Westelike Provinsie 38 – 12 Griekwas
Sharks 37 – 21 Leeus
Vrystaat 14 – 42 Pumas

  • Pro14

In die Pro14-reeks is sewe wedstryde die naweek afgehandel.
Cheetahs 39 – 39 Ulster
Kings 38 – 28 Glasgow Warriors
Cardiff Blues 37 – 13 Munster
Connacht 33 – 20 Llanelli Scarlets
Dragons 16 – 5 Zebre
Leinster 31 – 7 Edinburgh
Ospreys 27 – 10 Benetton Treviso

Gholf

  • Spelerskampioenskap

Die Spelerskampioenskap (met die voorste 30 spelers in die Fedex-beker) is in Atlanta voltooi. Die toernooi is deur Tiger Woods gewen nadat hy op -11 geëindig het. Dit was Tiger se eerste toernooi-oorwinning in vyf jaar.

1 Tiger Woods -11
2 Billy Horschel – 9
3 Dustin Johnson -7
4 Hideki Matsuyama -6
Webb Simpson -6
Justin Rose -6
21 Bryson DeChambeau -1

  • Fedex-beker

Die Fedex-beker se pryspot van R150 miljoen is deur Justin Rose gewen. Rose moes op die laaste putjie ʼn voëltjie aanteken om as die seisoen se kampioen gekroon te word. Tiger Woods was tweede. Bryson DeChambeau, wat die voorloper in die Fedex-beker was met die aanvang van die toernooi, kon net op +2 eindig wat hom in die tweede plek geplaas het.

  • Portugese-Meesters

In Europa het die Portugese-Meesters gister in Vilamoura ten einde geloop.
1 Tom Lewis -22
2 Eddie Pepperell -19
Lucas Herbert -19
16 Richard Sterne -13
20 George Coetzee -12
Haydn Porteous -12

Tennis

  • Laver-beker

Die Laver-Beker tussen die spanne van Europa en die Wêreldspan is in Chicago gespeel en Europa het met 13 – 8 geseëvier. Op dag een het Kevin Anderson en Jack Sock vir ʼn groot verrassing gesorg deur vir Roger Federer en Novak Djokovic te klop. Anderson het ook vir Djokovic in die enkelspel ore aangesit. Europa het egter op die laaste dag die oorhand gekry om weer as die kampioene gekroon te word.

Motorwedrenne

  • Moto GP van Aragon

Die Moto GP van Aragon (die 14de van die seisoen) is gister op die baan van MotorLand Aragón in Spanje afgehandel. Die Moto GP is deur Marc Marquez gewen met Andrea Dovizioso (Ducati) tweede, Andrea Iannone (Suzuki Eckstar) derde en Alex Rins (Suzuki Eckstar) vierde.

  • Moto2

In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) met die louere weggestap.

Netbal

  • Vierhoekige reeks

Suid-Afrika het gister in hul laaste wedstryd van die vierhoekige reeks teen Engeland in Australië (Melbourne) gespeel. Die Proteas was teen halftyd met 27 – 20 voor maar Engeland het egter die res van die wedstryd oorheers en met 45-42 geseëvier.

  • Varsity-reeks

In die Varsity-reeks word ronde sewe vandag gespeel.
Tuks 17:30 UWC (Pretoria)
UJ 18:00 VUT Netball (Johannesburg)
Madibaz 18:00 Maties (Port Elizabeth)
Kovsies 19:00 Pukke (Bloemfontein)

Marathon

  • Kaapstad-marathon

Die Kaapstad-marathon is gister afgehandel. Die mansafdeling is in ʼn nuwe rekordtyd deur Suid-Afrika se Stephen Mokoka in 2:08:29 sekondes gewen. In die vroue-afdeling het Namibië se Helalia Johannes (2:29.28) gewen. Nolene Conrad was agtste en ook die eerste Suid-Afrikaner oor die eindstreep.

Krieket

Suid-Afrika se vroue het in Bridgetown in die derde en laaste eendagwedstryd teen die Windies met 115 lopies pak gekry. Daarmee eindig die reeks op een elk.

Sokker

  • Plaaslike premierliga

In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister afgehandel.
Bloemfontein Celtic 0 – 1 Maritzburg United
SuperSport United 4 – 0 Black Leopards

  • Engelse premierliga

In die Engelse Premierliga was daar gister ook twee wedstryde gespeel.
West Ham United 0 – 0 Chelsea
Arsenal 2 – 0 Everton

  • Cosafa-beker

In die Cosafa-beker vir vroue het Suid-Afrika in die eindstryd teen Kameroen gespeel en met 2-1 geseëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.